Cecil die leeu oorheers nuus wêreldwyd

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Die jag op Cecil die leeu het verlede week op die nuusfront oorheers, plaaslik en internasionaal sowel as op sosiale media.

Volgens die mediamoniteringsmaatskappy ROi-Afrika het amper tweederdes van die nuus in Suid-Afrika op Cecil gefokus. ’n Tandarts van Amerika het verlede maand die bekende leeu van Zimbabwe doodgeskiet teen ’n prys van $50 000.

Die Springbokke het ook baie nuusdekking geniet, maar slegs sowat 6,51% van die nuus het op die rugbyspan gefokus terwyl meer as 65% van die nuus op Cecil gefokus was. Eskom, Nkandla en die Proteas het onderskeidelik hierna gevolg.

Op sosiale media het Cecil weer ver die voortou geneem, selfs meer as Eskom en Nkandla gesamentlik. Vlug MH370 en Prasa was ook veelbesproke kwessies op sosiale media.

Cecil het ook internasionaal die nuus oorheers. Donald Trump se uitlatings en pres. Barack Obama se besoek aan Afrika het in die proses die spit afgebyt. Die ekonomiese krisis in Griekeland, Bobby Kristina se dood en die Islamitiese Staat (IS) was ander onderwerpe van internasionale belangstelling.

Bogenoemde data is saamgestel deur die ontleding van 60 000 aanlyn nuusblaaie, duisende koerante, sosiale media en 76 radio- en TV-stasies in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre ·

Ja, graag sal ons wil hé dat plaas moorde en aanvalle sulke aandag geniet.

PIXIE ·

Andre ou mense wat vermoor word kry ook soveel aandag want dit is baie hartseer, onnodig en tragies. Jy is jaloers op die arme leeu wat soveel aandag gekry het, ek is so spyt Cecil is onnodig dood gemaak. Ek skaam my vir mense wie so optree en ek hoop hulle sluit die ou toe vir 10 jaar.

faith ·

stem saam met andre. ja die leeu was bekend maar baie bekende boere word ook vermoor en niemand gaan so tekere as n boer vermoor word nie, ek verstaan dit glad nie

Johann Marx ·

As ‘n boer met die naam Cecil uit sy huis uit gelok is, en geskiet is deur ‘n Zimbabwe-er, sou dit nie eens die voorblaaie van enige koerant gehaal het nie. Moeg-apie is nie eintlik kwaad oor die leeu nie (daar was ‘n klomp geslag vir sy verjaardag-paartie)…hy’s eintlik meer ontstoke omdat HY nie die $50 000 gekry het nie!!

johan ·

Cecil die leeu kan dankie se hy was nie ‘n boer of kind wat verkrag en vermoor is nie want dan sou niemand van hom geweet het nie.

Johannis ·

Daar is baie meer misdaad gevalle as wat bo genoem word, bv :
“Polisie” beamptes wat mens dwing om aan verkeerde kant vd pad stil te hou, en dan arresteer deur hardhandig uit voertuig te ruk en boeie so styf om polse te druk dat bloedsomloop afsny… En dis maar net ‘n miershopie…
Jammer ou Cecil, vir die probeer om die kollig van jou af weg te steel, jou “moord” was seker ook nie reg nie want ons kan nie eers lekker biltong van jou maak en eet en geniet en weet dis leeu se kind nie… Maar moenie jou bekommer nie, die afgelope 20 jaar plus het soortvan al getoon jou kollig is veilig.
Hopelik net nie meer vir lank nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.