Centurion-inwoners kritiek ná huis brand

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Twee kleuters en vier volwassenes het brandwonde opgedoen nadat ʼn huis in Olievenhoutbosch in Centurion Sondag afgebrand het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die mense moes deur brandweerbeamptes uit die brandende huis gered word. Al ses het brandwonde opgedoen en vyf van die beseerdes was in ʼn kritieke toestand. Hulle is na nabygeleë hospitale gehaas.

Volgens Bodasing is albei die kinders jonger as vyf jaar oud.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.