Cope stem vir Die Stem

Mosiuoa Lekota (Foto: Sowetan)

Mosiuoa Lekota (Foto: Sowetan)

Die Congress of the People-party (Cope) het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se versoek, om Die Stem uit die nasionale volkslied te verwyder, verwerp.

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, het Saterdag gesê Suid-Afrika se erfenis is uniek. “Dit spruit uit ons prestasie om van ʼn verdrukkende politieke orde oor te skuif na ʼn volwaardige demokrasie. Ons erfenis en die nalatenskap van Nelson Mandela bly dus onlosmaaklik verbind.”

Lekota het gesê diegene wat onder koloniale en apartheidsverdrukking gestaan het, en ʼn groot prys betaal het vir hul teenstand teen vorige regerings, het besluit om die morele hoë grond te kies. “Ons vryheidshelde het hande gevat met hul opponente en vorentoe beweeg. Dit is die rigting wat ons moet volg,” het hy bygevoeg.

Hy het gesê as Cope bly hulle getrou tot Nelson Mandela se belofte: ‘Nooit, nooit en nooit weer sal enigiemand in hierdie mooi land ooit weer onderdruk word deur iemand anders nie.’ “Ons verlede met al sy vlekke is nou geskiedenis. Ons moet uit daardie geskiedenis leer en seker te maak ons herhaal nie die foute en mislukkings nie. Ons kan nie ons geskiedenis uitvee nie en ons kan nie in die verlede vashaak nie.”

Lekota het gesê die land se erfenis is gegrond op bespreking en onderhandelinge, “en dit is wat ons moet vier en bewaar”. “Ons het gedoen wat geen ander nasie nog ooit vantevore reggekry het nie. Ons het ʼn pad uit ʼn diep politieke moeras gevind deur begeesterde en konstruktiewe onderhandelings. As ʼn nasie van trotse onderhandelaars moet ons nooit die mag van intersessie en eerlike skakeling oorgee nie.

“Wat die EFF voorstel, sal die situasie laat ontvlam en dinge baie erger maak vir diegene wat die ergste geraak word in ons samelewing,” het Lekota gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

HEVW ·

Hiedie beleid en benadering toon beslis meer as maar net raakvlakke met die van Solidariteit en Afri forum. Kan dit ook onderskryf in sovere daar n openheid en onderhandeling is met betrekking tot die selfbeskikkingsreg van minderheidsvolke, wat natuurlik nie onderdrukking van menseregte
is nie.

Greg ·

Nooit, nooit, nooit en nooit weer…REGTIG!??…wat van ” kill the Boer” ens….ens?

Fm ·

Wel gedaan Cope!!!! Julle kies ten minste die vreedsame pad. I respect Lekota and his party s views. Hoekom vorm julle nie n koalisie met die DA nie. Lekota jy is n man van versoening. Die eff staan vir vernietiging!!!!

Santie ·

Dankie Mnr Terror Lekota, ek verstaan u standpunt en waardeer dat u ñ stukkie van my taal en geskiedenis wil behou in SA se nationale lied. Ek volg u op twitter en 99% met wat u sê maak sin. U is een van bitter min wat nie alewig die skuld vir alles op ons pak nie. U party het baie storms deur gegaan, mag Cope van krag tot krag gaan

anita ·

EFF wil kruger nasionalpark se naam verander..hul wil die stem verwyder…mmmmmmmm kom ons dink wat is nog afrikaans wat hy wil verwyder of verander…plaas van net se hy soek geeeeen wit gesig in suid afrika nie…… mmmmmm dan kan ons ook mos vlugteling asiel ontvang…..sooooo sal dit aangaan tot niks oorbly..kyk maar links en kyk na regs na ons buurlande….cope is tog n aanwins vir suid afrika..kom kyk hoe mooi is middelburg..skoon ..het geennkrag of water probleme..want hul is baie betrokke..het al op hul vergadering gesit by munisipale vergadering!, hul praat nie hul doen!

ladybug ·

Dis een van die redes hoekom ek nog al die jare van Lekota hou!

maggie ·

kan ek net eerlik se. ek persoonlik gee nie om wie wat se nie. solank ek asem in my het sal ek die stem sing, sal ek afrikaans praat, en sal ek my kinders van hulle geskiedenis en al die ongeregtighede vertel na 1994. Hulle het nie ‘n aandeel gehad in enigiets voor 1994 nie, ekself was ‘n kind gewees in apartheid. hoe is dit my skuld,dat ek, en hulle, dan so moet boet. sing sal ek sing en praat sal ek praat, en op aandag staan vir die STEM sal ek staan.

Christie Joubert ·

Lyk my dis al man met n geheue in politiek. Nelson Mandela se woorde is laaankal deur zuma onder n mat ingevee. Sy skoot hondjie(malema) blaf slegs agterna…

Lizl ·

Ons vir jou Suid Afrika ! My trots op my herkoms en my geskiedenis en my vaderlandstrots sal niemand kan wegvat nie. Jammer ou Malema… Musiek , `n lied , `n landslied sal jy nooit kan laat verdwyn nie, en nooit sal jy `n hele nasie kan dwing om dit op te hou sing nie. In elkgeval sing ek nie sy “kosie soek `n le-plek in Afrika nie” Ek sing Die Stem, my kinders sing Die Stem.

Marlene Davies ·

Ek is vreeslik jammer maar die deel van ons Stem is al wat ek van ons volkslied ken. Ek kan om my lewe te red nie die nuwe dele aangeleer kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.