DA onsuksesvol met mosie teen Zuma

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane

Die Demokratiese Alliansie se mosie om ʼn komitee op te rig wat sou bepaal of pres. Jacob Zuma uit sy pos verwyder moet word, is Dinsdag in die parlement uitgestem.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters en United Democratic Movement het gesê hulle sou die mosie ten volle ondersteun, maar kon nie die rede ondersteun wat DA-leier Mmusi Maimane aangevoer het nie. Maimane het aangevoer Zuma het die Grondwet geskend toe hy pres. Omar al-Basjir van Soedan in Junie toegelaat het om die land te verlaat ten spyte van ’n hofbevel wat dit verbied het.

“Die president en sy kabinet het doelbewus die besluit geneem om die wet te oortree,” het Maimane gesê. “Die president het besluit dat die wet nie op hom of sy kabinet van toepassing is nie.”

Godrich Gardee van die EFF het gesê sy party het ʼn aantal redes waarom hulle wil hê Zuma moet uit sy pos verwyder word. Dit strek van die oorbesteding by sy huis in Nkandla tot die skietery van die Marikana-mynwerkers, maar die DA het glo een gekies wat hulle “nie kan ondersteun nie”.

Nqabayomzi Nkwanka van die UDM het gesê indien die mosie oor enigiets anders behalwe Al-Basjir gehandel het, sou hulle dit ondersteun het. Hy het gesê dit sou gelei het tot ʼn oorlogsverklaring teen Soedan en dit sou Suid-Afrika vervreem het van die res van die kontinent en sou daarop gedui het dat die Afrika-Unie nie ʼn regmatige liggaam is nie.

Die Inkatha Vryheidsparty en die Vryheidsfront Plus het die DA se mosie ondersteun.

Altesaam 100 LP’s het ten gunste van die mosie gestem, 211 daarteen en 17 het buite stemming gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ANDRÉ ·

Lafaards! Dink daai 211 LVs dat Zuma geskik is om President te wees? Ongelooflik!

Gerhard Bezuidenhout ·

Die 211 wat teen die mosie gestem het is netso onbetroubaar . Die meeste van hulle stem daarteen om die lekker rit op die soustrein verder mee te maak , maar glo my die soustrein se wiele gaan afval en dit gaan ontspoor soos n PRASA lokomotief.

Jan ·

Dis nou sekerlik tyd dat al die oposisie party saam staan en ophou om politieke speletjies te speel en die probleem gesamentlik hof toe te neem

Nico ·

Ek kan nou nie vir een oomblik dink dat die DA en EFF sal saamstaan nie. Of dat dit ‘n goeie ding kan wees as hulle saamstaan nie.

pop ·

As die spul stem dan word hulle name by die stemme gewys. Hoe kan dit nou werk as die spul slapgatte se salarisse van die president afhang. Want as hulle sou waag om teen iets te stem gaan hy dit dadelik sien.

Christie Joubert ·

Totale snert wat EFF en UDM kwytraak. Hier was n gulde geleentheid om die bal aan die rol te sit en zuma se kop te laat rol. Maar nee, hulle stem nie saam nie. Enigste rede waarom hulle die twat kwytraak, is omdat hulle weet dat hulle dieselfde korrupsie in hul eie geledere sal toelaat. Onthou, korrupsie is immer n “westerse” onding..

Jacques ·

Demokrasie in aksie. Minderhede kan niks doen teen die ANC oormag nie. Hierdie pogings om geregtigheid te laat gebeur faal telkens. Minderhede het in praktyk geen regte in hierdie land nie.

Rynhardt ·

DA, hou op speletjies speel.Julle en die res van hansworse het geen mag om Anc te keer in parlement.Die Anc stoomroller vir jare alle wetgewing deur die parlement! Sekere wittes verstaan nog steeds nie die SA politiek nie.Maimane, jy wil weet of Zuma geskik is as president? Werklik? Maimane, as staatshoof het hy standard 3 en hy en sy kabinet het die DA ekonomie doodgemaak.Al jou vrae is meesterlik beantwoord,”nuwe Obama!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.