Drie familielede sterf ná trok omslaan

Die ongelukstoneel. Foto: Twitter

Die ongelukstoneel. Foto: Twitter

Drie mense, glo familielede, is dood toe hulle motor teen die vrag van ’n vragmotor gebots het nadat die vragmotor omgeslaan het op die N3 in Hammarsdale, KwaZulu-Natal.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die motor was vroeg Saterdagoggend op die N3 in die rigting van Pietermaritzburg op pad. Die bestuurder van ’n vragmotor wat in die teenoorgestelde rigting gery het, het glo beheer verloor waarna die vragmotor omgeslaan het.

Die vragmotor het in die proses sy vrag verloor en op sy dak tot stilstand gekom waarna dit aan die brand geslaan het. Die motor het teen die vrag gebots. Drie vroue was in die wrak vasgekeer. Paramedici kon niks vir hulle doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar. Hul liggame is met meganiese toerusting uit die wrak verwyder.

Volgens Bodasing is die bestuurder van die motor matig beseer terwyl ’n vierde passasier ernstige beserings opgedoen het. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jo ·

Die laaste paragraaf van die berig pas nie lekker in by die eerste gedeelte van die berig nie. Beteken dit dat daar 5 persone in die motor was maar net die drie vroue is oorlede? Of moes dit lees dat die bestuurder van die vragmotor en ‘n 4de passasier is beseer?

Nico Strydom ·

Dagsê Jo

Daar was inderdaad vyf mense in die motor.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.