Driejarige verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige meisie het Maandagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Salt Rock in Dolphin Coast, KwaZulu-Natal, verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het Dinsdag gesê die voorval het omstreeks 17:30 plaasgevind.

“Dit is nog nie duidelik hoe die meisietjie in die water beland het en hoe lank sy in die water was nie,” het Botha gesê.

“Toe paramedici van Netcare 911 by die toneel opgedaag het, was ʼn gespesialiseerde reddingswerker en die kind se ma besig om kardio­­-pulmonêre resussitasie (KPR) toe te pas.”

Paramedici het oorgeneem en tevergeefs probeer om haar by te bring.

Sy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval. Die dogtertjie se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

celeste ·

ek kan nie verstaan dat sulke ongelukke nog gebeur nie. daar is nette beskikbaar wat kan keer dat so iets nie gebeur nie. magtig mense dit gebeur net te veel. as jy nie n net kan bekostig nie tap die swembad leeg en gooi hom toe. dit kan nie so aangaan nie. moet nooit dink dat dit nie met jou kind kan gebeur nie, dit gebeur verskriklik vining.

Martin ·

Ek herhaal wat ek so drie weke gelede gesêhet met die voorval van die seuntjie van Daspoort wat ook in die swembad beland het. Ons asouers is veantwoordelik vir ons kinders se veiligheid. Hoe kan dit nie duidelik wees hoe die kind in die warer beland het nie? Natuurlik was dit agterlosigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.