“Vandag luister ons na ʼn man wie se siening van demokrasie so verdraai en gevaarlik is soos ʼn tsoenami, wat vir ons vertel wat gedoen moet word om te verseker alle Suid-Afrikaners vind baat by demokrasie,” het Vusiwana Mtileni gesê in reaksie op Zuma se jaarlikse toespraak.
ANC-LP’s het onmiddellik tot Zuma se verdediging gekom en gevra dat Mtileni se uitlating as buite orde beskou word. Thandi Moside, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het ingestem. “In hierdie geval bevraagteken jy doelbewus ʼn lid van hierdie parlement.”
Mtileni het versoek om daaroor te debatteer, maar Modise het daarop aangedring dat hy die uitlating terugtrek. Hy het geweier om die podium te verlaat, waarna Modise die parlementêre veiligheidsdienste ontbied het om hom te verwyder.
Mtileni is hierna uit die kamer verwyder.
Die beeswagter het nogal lojale vriende. Hy moet hulle gewis goed betaal. Die dag as hierdie “man” weggaan kan ons ‘n nasionale vakansiedag instel.
So as jy nie saam stem met “aangewese” nie. Daar gaat jy.
Dis n sirkus
Mtileni jy moet modise se pos oor neem want wragtag jy was in die kol oor jakopie. Sy kaders moet ‘n baie goeie salarise ontvang of baie bang wees om uit geskop te word om hulle so oor hom te kere te gaan. Maar ons weet ook dat hulle deel is van daardie tsoenamie wat besig is om op te bou war hierdie land met ‘n helse spoed gaan tref.
Die waarheid maak baie baie seer Zum-Zum
Die nasionale probleem is “Geen sin vir waarheid nie!” Die EFF ook.
Vir n wonder het die EFF iets gese wat sin maak en die waarheid is.