Egpaar in hof ná hulle glo luukse hotel bedrieg

One and Only, Kaapstad  (Foto: One and Only)

One and Only, Kaapstad (Foto: One and Only)

Wayne Rix en sy vrou Janine het Maandag in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn nadat hulle glo die One&Only-hotelgroep met R1.2 miljoen bedrieg het.

Staatsaanklaer Simon Leope het aan landdros Sabrina Sonnenberg gesê die hofverrigtinge sou die vorm van ʼn pleitooreenkoms aangeneem het, maar die staat en verdediging kon nie oor ʼn toepaslike vonnis ooreenkom nie.

Die verdediging wil adv. Malini Govender, hoof van die handelsmisdaadeenheid, versoek om die klagtes terug te trek.

Die saak is tot 18 Junie uitgestel vir die uitslag van dié versoek.

Volgens die klagstaat het Janine as ʼn finansiële klerk by die hotelgroep gewerk en haar pligte het die betaling van dienste gelewer, ingesluit. Die staat voer aan sy het betalings ter waarde van R1 246 234 in haar man se bankrekening inbetaal deur die groep se elektroniese stelsel te manipuleer.

Die egpaar staan saam tereg op 60 aanklagte van bedrog en een van geldwassery. Die oortredings het glo tussen Januarie 2011 en November 2012 plaasgevind.

Bron: Bert van Hees, News24-korrespondent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dave ·

So, die verdediging wil dus blykbaar ‘n ooreenkoms aangaan dat hulle skuldig sal pleit as die klagtes teruggetrek word? Dit is hoe dit klink.

CHRISTA ·

Dis mos hoe dit deesdae in Suid-Afrika werk. Misdaad word nou beoefen as ‘n stokperdjie en mense kon weg daarmee!!!

Dave ·

Soos jy sê. ‘n Mynmagnaat (naam vergeet) se moordenaar het selfs erken dat hy die sneller getrek het en genoeg inligting verruil om vrygelaat te word. Dit is hoe die reg in Suid Afrika lyk.

Eish! ·

Langer as ‘n jaar???????????? Waar was die ouditeure? Word die boeke nie nagegaan nie? Dalk moet al die boeke ook intensief deeurgegaan word. Ek ruik ‘n rot!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.