Emosies loop hoog toe Brits-brandmoord verdagtes verskyn

Argieffoto

Argieffoto

Twee van die vier verdagtes wat ʼn 19-jarige skolier van Brits glo aan die brand gesteek het, het Woensdag in die dorp se landdroshof verskyn.

Die saak teen Sharon Twala en Koketso Moyo is tot 7 Julie uitgestel nadat hul regsverteenwoordiger hom om ’’persoonlike redes’’ aan die saak onttrek het. Twala en Moyo sal by hul volgende hofverskyning om borgtog aansoek doen.

Die twee vrouens word beskuldig dat hulle Boitumelo Dhlamini op 18 Junie, met die hulp van Victor Pilane en Cynthia Mosupi, by die Eletsa High School ontvoer het. Een van die vroulike verdagtes het Dhlamini glo beskuldig dat sy ʼn romantiese verhouding met haar vriend gehad het.

Die verdagtes het Dhlamini na bewering na ʼn afgeleë gebied geneem, waar hulle petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het. Pilane is reeds op borgtog vrygelaat, terwyl Mosupi tans in ‘n hospitaal behandel word.

Ontstoke inwoners van Lethabile, insluitende lede van die ANC Vroueliga, het Woensdag in die stampvol hof gesit. Mense wat nie binne die hof plek kon kry nie, het buite gestaan en deur die glasdeur probeer om die beskuldigdes te sien. Vier lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid is geroep om orde in te hof af te dwing.

Isabel Mmolledi, koördineerder van die vroueliga, het inwoners gevra om kalm te bly en nie familielede van die beskuldigdes aan te rand nie. ʼn Rumoer het uitgebreek toe ʼn onbekende vrou gevra het hoekom borgtog aan Pilane toegestaan is. “Niemand gaan vir ons sê wat om te doen nie. Ons wil weet hoe Victor borgtog kon kry en wanneer?” het sy gevra.

Dlamini is Sondag ter ruste gelê.

Lees alle vorige berigte oor Boitumelo Dhlamini op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Laat hy borg kry, die locals sal hom sommer self uitsorteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.