Eskom kondig beurtkrag aan

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat beurtkrag Maandagmiddag van 17:00 af toegepas word.

Fase 2-beurtkrag sal na verwagting tot 22:00 duur weens die verhoogde vraag na elektrisiteit en die tekort aan opwekkingskapasiteit wat deur tegniese foute by sommige kragstasies veroorsaak is, het die sukkelende kragvoorsiener gesê.

Eskom het gebruikers voorheen verseker beurtkrag sal net toegepas word as ʼn noodsaaklike maatreël om die kragstelsel te beskerm en te verseker onderhoud word gedoen word om die stelsel op die langtermyn te ondersteun. Volgens Eskom kan enige onverwagte veranderinge aan die “kwesbare en beperkte kragstelsel” lei tot beurtkrag op kort kennisgewing.

Die kragvoorsiener het kragverbruikers aangemoedig om energie-doeltreffende maniere te gebruik om gedurende die winter warm te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Marx ·

Wat het Suid Afrikaners voor kerse, oop vure, donkies, flitse, kar-batterye en sonpanele gebruik? Jip. Elektrisiteit. Ek wil ‘n nuwe word vir die HAT voorstel: Eletro-orgasme….daai lekker gevoel wat jy kry as Eskom weer die krag aansit na 4 ure van “load shedding”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.