F- vir Zuma

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die DA se jaarlikse “rapport” oor pres. Jacob Zuma en sy kabinet is deurtrek met die simbool F-.

Pres. Zuma het ʼn F- gekry vir sy hantering van die Omar al Basjir-sage, die Farlam-kommissie se verslag oor Marikana en sy stilte oor die studentebetogings. Die DA het ook opgemerk dat Zuma “met ontwykende en neerhalende antwoorde in die parlement gereageer het, terwyl hy letterlik gelag het vir die idee van parlementêre oorsig”.

Nomvula Mokonyane, minister van water, Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, en Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het almal ook die simbool F- ontvang.

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, Mildred Olifant, minister van arbeid, Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, en Susan Shabangu, minister in die presidensie, het almal effens beter gevaar en F-simbole ontvang.

Naledi Pandor, minister van tegnologie, het die beste gevaar met ʼn B-simbool. Daar word dikwels na haar verwys as die “hoofmeisie” van die parlement danksy haar bywoningsrekord en optrede. Jeff Radebe, minister in die presidensie, Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, en Nhlanhla Nene, minister van finansies, het almal C-simbole ontvang.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa moes met ʼn D-simbool tevrede wees. “Elke keer dat hy in die parlement verskyn, verminder sy statuur,” het John Steenhuisen, DA-hoofsweep, gesê. “Hy is merkwaardig ontwykend en dunvellig,” het hy bygevoeg.

Op ʼn vraag aan Steenhuisen oor watter simbool die DA aan homself sou toeken, het hy geantwoord B+. “Die opposisie het in die algemeen daarin geslaag om ʼn paar beslissende oorwinnings oor die ANC te behaal.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ivan ·

Ek verstaan nie mooi nie.
Die ministers wat genoem word in parragraaf 3 ontvang F simbole.
Die Ministers in parragraaf 4, vaar effens beter en ontvang ook F simbole.
Huhh……

Nico Strydom ·

Dagsê Ivan
Die een groep ministers het ‘n F minus simbool ontvang trwyl die ander net ‘n F ontvang het.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Tobie ·

Ek se elkedag F-vir Zuma. Of is dit nou V vir Zuma…. Ek raak so deurmekaar met die engelse en afrikaanse weergawe van daai woord… Seker dan maar n F vir spelling vir my…

Ben ·

Jy kan vir hierdie klomp Narre & Hansworse “XYZ” ook gee, want hulle ken nie die verskil nie. Hulle kyk net noord en ploeter voort (op pad bank toe)!

Stem ·

@Ivan hul sê Zuma en ander druipelinge het ‘n F-(minus) ontvang. Die ander F-(koppelteken hier, dus net F sonder minus)simbole.

GES ·

Hy verstaan nie die F storie nie. Hy het dan gedink hy is “numba one”! Hehehe hahaha …….

Gertjie ·

Ek gee hom (Zumpie) ‘n -F met sy houding oor plaasmoorde.

Frans ·

Die slaagvereistes vir matriek is ook nie te hoog nie.Jy moet in 3 vakke (huistaal) ‘n moet,’n minimum van 40% kry en in drie ander ‘n minimum van 30%.. ‘n F simbool is tussen 35 en 39% en ‘n FF simbool tussen 30 en 34%.

Geen wonder die President en ander lag nie . Eintlik moet ‘n mens soos eens op ‘n tyd die gewoonte was die goed negatief merk.

Dit werk soos volg., in ‘n vak waarvan die vraestel uit 100 getel het.As die slaagvereiste 50% is moet jy 75% kry want 75% van jou antwoorde was reg maar 25% verkeerd, dus 75-25=50.

Kry jus dus 50% in die vraestel kry jy nul (50-50) .Gelukkig is die meeste van ons dit gespaar maar dit is wel ‘n aanduiding hoe hoog die standaard in sommige vakke by bepaalde universiteite was.

Volgens die metode dop die President en sy kabinet ,want 39 % reg beteken 61% verkeerd,
dus ‘n negatiewe punt van 22.

Johan ·

Z vir Zuma.
Dit ruim en dit is dalk wat hy Verdon en moet kry!!!

Jan maak n plan ·

Tiepies DA evalueer ministers wat nie eens n evaluasie waardig of werd is nie. En dit terwyl hulle hulleself n B+ kamastig gee. Ek sou hulle nie eens n H gegee het nie. Sit die evaluasie vorm op die net vir die volk om in te vul en kyk wat jy dan kry.

Dawie ·

Ek Sal daarvan hou om te weet wat se ou simbool speletjie die nou is. Dit is hoekom Ons polities en leiers in so n gemors is. Almal speel speletjies. Ek sal eenvoudig se dat as jy in die stoel sit kan jy en jou party mis nie die handboek skryf oor jou presidensiele pos nie maar eerder die die aliansie met publicly insette.Nou ook skool simbooltjie kerels waar gaan ons heen.Kom Vir my voor alle politiek in ons land is aan groot sepie storie.Vet klug.En Dan se Ons Almal maar net ja en amen en hulle Neil voort.

Fanie ·

Dit klink soos ‘n skoolsaal, hierdie kabinet!! Maar laerskool!! Hulle moet nog hoërskool en universiteit deurgaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.