Thando Xolo Vumazonke (23), ʼn familielid van Sizwezakhe Vumazonke (30), is in hegtenis geneem vir huisroof en die moord op ʼn bejaarde vrou van Port Elizabeth. Marlene Webber (78) is ongeveer twee weke gelede vermoor.
Thando het Dinsdag vlugtig in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Die saak is tot 8 September uitgestel.
Sizwezakhe is tans ʼn verhoorafwagtende gevangene in die St Albans-gevangenis nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op Panayiotou. Die staat beweer Christopher Panayiotou, Jayde se man, het Sizwezakhe betaal om sy vrou te vermoor.
© RDM News Wire
Die hele spul is kriminele blyk dit vir my! Gaan haal maar vir Oupa en Pa en broers ook uit die hool waar hulle weg kruip – tensy hulle nie ook reeds agter trallies sit nie!