Fietsryer deur trok doodgery

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Fietsryer is dood nadat ʼn vragmotor wat sand vervoer het, hom raakgery het naby Shaka’s Kraal, noord van Durban.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê ‘n groep fietsryers het op ‘n pad wat die N2 met Shaka’s Kraal verbind, gery toe die ongeluk gebeur het. Volgens Botha het die fietsryers glo om ʼn draai in die pad gery toe een van die fietsryers onder die vragmotor beland het.

“Die vragmotor het bo-oor hom gery en hy is kritiek beseer. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Botha gesê.

Volgens Botha was die ander fietsryers en vragmotorbestuurder erg getraumatiseerd ná die voorval. Nog ʼn fietsryer het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Volgens ‘n ander nuusberig het die vragmotor van voor gekom.

Peet Schabort ·

Die vragmotor het om ‘n draai hom raakgery, hy het onder die vragmotor beland en die vragmotor het bo-oor hom gery.
Daar moet nou ‘n aanname gemaak word dat die fietsryers vinniger gery het as die swaargelaaide vragmotor en sodoende vir die vragmotor sou weggery het indien hulle in dieselfde rigting sou gery het MITS hulle nie die vragmotor van agter ingehaal het.
Ek moet sê WL jy lees myle (of is dit kilometers?) beter as ek. My verbeelding is ook nie so goed om te lees wat nie daar geskryf (of getik?) staan.
Vir my moet alles met ‘n lepel ingegee word om dit ondubbelsinnig (en verstaanbaar) te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.