Die Nasionale Dieretuin in Pretoria het Donderdag opgewonde aangekondig dat daar ná geruime tyd se afwesigheid weer sjimpansees by dié gewilde trekpleister in die stad is.
“Twee sjimpansees, Moti en Abshalom, het vandag hier by die dieretuin aangekom,” het Craig Allenby, woordvoerder van die dieretuin, aan Maroela Media gesê.
“Hulle is albei mannetjies en kom al die pad van Israel af. Ons het Abshalom by die Ramat Gan-dieretuin in Tel Aviv gekry en Moti is van die Tisch-familiedieretuin in Jerusalem.”
Die twee het om 09:30 by die OR Tambo-lughawe geland en het omstreeks 13:00 by die hul nuwe tuiste aangekom.
Allenby het gesê die dieretuin was ʼn geruime tyd besig met onderhandelinge met ander dieretuine reg oor die wêreld in ʼn poging om weer sjimpansees vir die dieretuin te bekom.
“Die dieretuin het vir die afgelope drie jaar nie sjimpansees gehad nie en het ag geslaan op talle versoeke van besoekers om weer vir hierdie charismatiese primate ʼn tuiste te bied.”
Moti en Abshalom is op die Europese Vereniging van Dieretuine en Akwariums (EAZA) se stamboek geregistreer en is deur EAZA by die Nasionale Dieretuin laat plaas omdat hulle as oortollig by die ander twee dieretuine gelys was.
“Dit is standaardpraktyk vir dieretuine om diere met mekaar uit te ruil in ʼn poging om die spesies se bevolkings te onderhou. Die praktyk verseker verder dat diere nie uit die wild versamel word nie, bevolkingsgenetika gehandhaaf word en dat oortollige diere by instellings geplaas word wat in staat is om hulle behoorlik te huisves,” het hy verduidelik.
Allenby het gesê die koms van die twee sjimpansees is die begin van die dieretuin se pogings om sy eie bevolking van sjimpansees vestig.
Moti en Abshalom gaan vir die volgende 30 dae in kwartyn wees soos deur die Suid-Afrikaanse wetgewing vereis word, waarna hulle stelselmatig aan mekaar voorgestel gaan word.
“Besoekers sal hulle ongelukkig nie in dié tydperk kan sien nie, maar kan hul aanpassing monitor deur spesiale kameras wat in hul hokke geïnstalleer is. Besoekers behoort teen die begin van Desember die twee se aapstreke in hul hok te kan sien,” het hy gesê.
WOW!!! Homo Naledi se agter kleinkinders?? Hier by ons? Ek dink hulle behoort gevat te word om hulle oer-ouma grootjie se huis te gaan besigtig. Hulle mag dalk net ‘n grond-eis hê!!
Net so! Hulle sê nie wat het gebeur met d vorige chimps nie.
Dink net hoe mooi gaan hulle lyk met n rooi oorpak aan.