[Foto’s] Drie gered ná sandbank meegee

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mans het kritieke beserings opgedoen toe ʼn vier meter hoë sandbank Dinsdagmiddag by ʼn konstruksieperseel in KwaZulu-Natal op hulle ineengestort het.

“ʼn Waterpyp het gebars en die grond rondom in ʼn modderpoel verander waar die mans vasgekeer is,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici en die brandweer het by die toneel in Mount Moriah opgedaag. Die mans was onder die puin en modder vasgekeer.”

Nooddienswerkers het gespook om die mans te bevry en het hulle op die toneel gestabiliseer voor hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.