[Foto’s] Kar ploeg in vrou in ná moles by Pta-renbaan

Karlien Purves is in die hospitaal opgeneem nadat sy buite die Mahem-renbaan raakgery is.  Foto: Verskaf.

Karlien Purves is in die hospitaal opgeneem nadat sy buite die Mahem-renbaan raakgery is.
Foto: Verskaf.

ʼn Vrou is Saterdagaand in die parkeergebied van die gewilde Mahem-renbaan in die weste van Pretoria raakgery toe moeilikheidmakers vir groot drama gesorg het.

Chantelle Lewis, eienaar van Mahem in Hercules, het Maandag aan Maroela Media gesê vier mans het Saterdagaand by die renbaan opgedaag en toegang tot die perseel gekry sonder om te betaal.

“Teen omstreeks 23:30 het lede van die Hercules-gemeenskappolisiëringsforum (GPF) wat daar diens gedoen het, my laat weet vier mans het sonder kaartjies ingeglip. Hulle was ooglopend besope en het in die openbaar en voor kinders hulself verlig en ook op mense en hul besittings geürineer,” het Lewis gesê.

Die GPF-lede het die mans uit die perseel begelei en gesien hoe hulle na ʼn Silwer Yaris in die parkeergebied stap.  Die dag se verrigtinge was reeds verby en besoekers was besig om huis toe te gaan.

“Die lede het kort daarna ʼn rumoer gehoor. Dit het aan die lig gekom dat twee van die mans glo probeer het om brandstof uit twee voertuie in die parkeergebied te tap, toe een van die voertuie se eienaars hulle op heterdaad betrap het.”

Die mans het toe in die Yaris gespring en van die toneel probeer wegjaag.

Karlien Purves (45), ʼn inwoner van Jan Niemandpark, was saam met haar man, Steward en familielede by die verrigtinge. Sy het langs hul motor gestaan toe die bestuurder van die Yaris in haar ingeploeg en haar teen haar voertuig vasgedruk het. Amelia Wilke (22), haar seun se vriendin, was naby haar en is ook beseer.

Die bestuurder het daarna glo weer probeer wegjaag en teen nog drie motors gebots voordat hy tot stilstand gekom het.

Albei vroue is na die Eugene Marais-hospitaal gehaas vir behandeling. Nog ʼn man het snywonde opgedoen toe hy uit die Yaris se verwoestingspad wou kom. Dié man wou nie na ʼn hospitaal geneem word nie.

Lewis het ná die voorval dadelik die Hercules-polisiestasie, wat 5km van die renbaan af is, gebel. Hulle het glo egter eers sowat ʼn uur en half later daar opgedaag. Sy moes spook om die vier mans, wat hulself in die Yaris toegesluit het, uit ʼn aantal ontstoke omstanders se kloue te hou. Daar was glo talle bierbottels in die Yaris.

“Die bestuurder van die Yaris het intussen sy vrou gebel. Toe sy hier in haar nagklere en pantoffels opdaag, het sy gesê sy is ʼn polisiebeampte van Mamelodi. Die Yaris behoort glo aan haar. Sy het met die polisie op die toneel gepraat en hulle het amptelike polisiedrag uit die Yaris se kattebak verwyder.”

Die vier mans is deur die polisie weggeneem.

Toe Lewis by die polisiestasie opdaag nadat sy die renbaan gesluit het, het drie van die vier mans glo buite die stasie gesit en wegneem-hoender eet. Een van die ander mans het toe glo reeds ongehinderd van die stasie weggestap.

Lewis wou ʼn saak van betreding, poging tot diefstal en openbare onsedelikheid teen die vier mans aanhangig maak, maar ʼn konstabel by die stasie het glo geweier om haar by te staan. Sy wou ook vasstel of ʼn saak van roekelose of nalatige bestuur teen die bestuurder aanhangig gemaak is, maar is glo deur die konstabel afgejak.

“Ek kon die beledigende gedrag van die beampte nie meer verdra nie en het die Moot-polisiestasie genader om hulp, maar is daar weer terug verwys na die Hercules-polisiestasie.”

Lewis het uit desperaatheid Sondag ʼn klag by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ingedien. “Ek sal alles in my vermoë doen om te sorg dat geregtigheid geskied,”  het Lewis bygevoeg.

Bennie Botha, Purves se seun, het Maandag aan Maroela Media gesê sy ma het reeds ʼn operasie ondergaan en is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal se waakeenheid. “Sy het ernstige besering aan haar onderlyf opgedoen,” het Botha gesê. “Sy is in die hande van ʼn baie bekwame dokter en hy is sover tevrede met haar vordering. Dit is egter nog te vroeg om te weet of sy permanente skade het. Ons hoop net dat sy weer sal kan loop.”

Hy het gesê Wilke word ook nog in die hospitaal behandel.

Opod het reeds hul ondersoek van stapel gestuur.

Kapt. Louise Reed-Steynberg, polisiewoordvoerder van die streek, het bevestig geen dossier is teen Maandag by die Hercules-polisiestasie in verband met die voorval geopen nie. Die ongeluk is wel aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hannelie ·

Lekker! As jy ‘n kontak in die polisie het, of dit nou jou vrou of jou pelle is, maak jy en jou dronk broers moles en kry as beloning KFC by die polisiestasie!

Poplap ·

Sprekende bewys dat jy geen polisielid durf vertrou nie!!!

Dave ·

Maroela, volg asseblief die saak op. Ons sal baie graag terugvoering wil hê.

Christine ·

Dit is obsurt!!! Wat n skande dat niks gedoen word!! Ht ons land dan wragtig so gedaal!!! Kan jy glo!!! Mens kan nerens meer heen, het mense dan ni meer selfresek, wat nog van jou medemens!! En di ander lot noem hul polisie????? Skande!! Wie betaal di vrou se hospitaal onkoste????

Pietie ·

Ek vermoed die woord wat jy eintlik wou gebruik voor die histerie jou beetgepak het was ‘absurd’

Jacomina ·

Hi Pietie, hierdie is nie ‘n afrikaanse speltoets nie. As jy niks het om te se nie, moenie vir Christine üithaal”nie……..love u 2.
Ja, Maroela, ons wil asb. terugvoer he i.v.m. die saak.

Winston ·

Ja ek stem dat Maroela hierdie gemors opvolg. As een van die onskuldiges hulle op hulle m…r gegee het, was hulle arresteer

vlooi ·

Patetiese stasie. Eks aangerand deur n man desember en is uitgelag by die stasie. As die GPF nie die man gaan soek het nie sou niks gebeur het nie. Ek moes hulle agterente lek om na 6maande iets aan die saak tedoen. Patetiese stasie werklik werklik.

Gertjie ·

Ja, ek het ook met Smit ‘n probleem gehad by daardie stasie. Die hof het al gekla oor die stasie.

Peet Schabort ·

Duidelik KORRUPSIE op die hoogste vlak.
Die uitvoering van die wet kom nie tweede maar HEEL LAASTE.
In die vroeë 1970’s het op Evander ‘n verkeersman sy eie vrou ‘n boete gegee vir ‘n verkeersoortreding. DIS MOS HOE GEREGTIGHEID BEHOORT TE WERK !!!!

Andre ·

Vat die Yaris en sluit hom diep weg tot skadevergoeding geskied het.

SNEL ·

Daai Yaris lyk vir my maar poer in sy m@&r in, dink nie hulle sal eers bekommerd wees om hom te verloor nie en dat hulle sal spring om die skadevergoeding te betaal nie. Wet en orde bestaan al lankal nie meer in die land nie, en vir die polisie is jy net so bang soos vir skurke. Hoop regtig hier kom iets van die hele ding, maar kanse is goed dat nog baie KFC buite die tronk gaan geniet. Mens lees die berig, en as jy by die hoender kom dan gaan die lig aan en jy weet sommer van “wie” word hier gepraat en dan kom jy by die fotos en sien……10/10 vir my, antwoord was in die kol.

Jacomina ·

Nee, jy verstaan nie, hulle worry nie om enige kar op te pas of klaar te betaal nie. Die banke is
opdrag gegee dat hulle geensins finansiering op ‘n motor geweier mag word nie (dit uit ‘n bankamptenaar se mond) so hulle koop karre wat ek en jy NIE kan bekostig nie, ry dit vir solank hulle dit kan behou sonder om die paaiement te betaal en dan kom vat die bank dit terug…..deur hulle g#@@@ getrek en koop een van ons dit. So die mamelodi polisie beampte worrie nie, sy het klaar die volgende een gaan kies.

stephan ·

ja nee wat die polisie stasies is belaglik deesdae jy baat niks deur hulle eers meer te besoek nie ek persoonlik dink die polisie is geensins haastig nie tensy dit vir n streetwise 2 is, daar is nooit voertuie maar ry rond en kyk hoeveel staan by die huise al te lekker.

Sean ·

Hulle moes die kar aan die brand gesteek het.

Nou dat die gemors deur die polisie beskerm word sal nik gebeur en die onskuldiges wat beseer was en skade gelei het op hulle voertuie en eindom weens die botsing sit nou met onoddige skade en finansieele omkostes.

George ·

As die oortreders blank was sou die polisie onmiddelik reageer het en met versterkings opgedaag het. Hierdie duidelik ‘n geval van rassisme. Die patroon word herhaal. Die konstabel in die aanklag kantoor weier om die klag te registreer of kan die konstabel dalk nie skryf nie ? Wie sal weet ????

Jacomina ·

In laas week se rekord van die Noord was daar ‘n berig van ‘n kleuterskool juffrou wat ‘n slagoffer van padwoede bygestaan het met noodhulp. Ek is ‘n 55 jarige vrou wat deur ‘n groot (vet) fris man voor ‘n bewegende voertuig ingestamp is en hy het toe weggejaag. Nodeloos om te se, het nog niks gehoor van die saak nie, nie eers deur privaat sektor van ons gebied wat wel op die toneel was nie en ook nie van Metro wat ook die reg no en besonderhede het nie. Hoekom vra jy??? want ek is blank.

heksie ·

Hercules polisie sal jou nie help nie, my kar is daar gesteel 10 Januarie 2014, maar is eers die 14 de op die stelsel gesit as gesteel ek dink hulle is kop in een mus met die kriminele

Kietsiekat ·

Geen diens van Hercules Polisie Stasie nie. Het op ‘n nag vanaf 24h00 drie keer geskakel om rasende bure stil te maak…ek wag nou nog dat hulle uitkom. Die verskoning was dat die lede op ‘n ander toneel besig is in Mountain View…

Grotman ·

Skelms werk tans vir die SAPD. Hulle kan net mooi als doen wat hulle wil sonder vrees van vervolging. Hercules SAP is gemors! Crims in uniform.

PIETER.V ·

Ons vra Maroela media om asseblief terug voering te gee op al die sake , deur die persone wat in die sake betrokke is te vra om Maroela media in te lig wat die uitslae van die sake is.

Agge nee ·

So baie foto’s en nie een van die vrou in haar pajamas nie. Dit sou mens darem deur die woede kon laat lag het.

Amelia ·

Dit is uiters swak diens ek stem saam… al die SAPD lede word oor die selfde kam geskeer nou… Ons wat die diens doen met ons hart word uit geskel en sleg gese omdat daar soveel van die lede is wat dit doen. Steeds kry ek nie skaam om my blou uniform aan te trek nie, want ek is gebore om n SAPD lid te wees en nie gemaak nie.
Sterkte aan die familie net baie jammer dat hul geen hulp kry van die lede betrokke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.