[Foto’s] Minstens 19 dood in Westonaria-ongeluk

Ongeluk naby Westonaria op 29 November 2015 waartydens minstens 19 mense dood is Foto: ER24

Ongeluk naby Westonaria op 29 November 2015 waartydens minstens 19 mense dood is Foto: ER24

Minstens 19 persone is dood en vier het kritieke beserings opgedoen in ʼn ongeluk tussen ʼn vragmotor en ʼn taxi op die R28 naby Westonaria in Gauteng.

“Die ongeluk het ongeveer 6 km buite Westonaria op die R28 in die rigting van Vereeniging plaasgevind,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici van ER24 en ander nooddienste het by die toneel opgedaag en dit was chaos. Pasiënte het dwarsoor die toneel gelê.”

Die bestuurder van die taxi het glo beheer verloor oor die voertuig en die vragmotor en die taxi het mekaar getref. “Die taxi het glo ʼn paar keer gerol voor dit aan die brand geslaan het. Persone is uit die voertuig geslinger,” het sy bygevoeg.

Die persone het veelvoudige beserings en brandwonde opgedoen.

“Drie persone, waaronder ʼn jong kind, wat kritieke beserings opgedoen het, is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.” Nog ʼn persoon wat kritiek beseer is, is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem. Die vragmotorbestuurder, wat geringe beserings opgedoen het, is ook na ʼn hospitaal geneem.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in,” het Bodasing gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Peet Schabort ·

13 Mense is sowat 1000kg. Daar was dus 1500kg in daardie taxi. Selfs 1300kg se massa wat op hulle eie beweegbaar is in die taxi kan by die geringste gedwonge afwyking van rigting ‘n momentum veroorsaak tesame met die voertuig se massa dat die bestuurder totale beheer verloor. Die totale massa is seker in die omgewing van 2500kg wat onbeheerbaar raak.
Die R28 is ‘n smal pad in ‘n redelike toestand dog met op plekke ‘n ongelyke oppervlakte en net nie gebou vir die spoed wat ongeduldige motoriste ry.
Wat ‘n hartseer tyd vir almal wat geraak word a.g.v. hierdie massiewe ongeluk.
Ons kan net bid dat dit nie ‘n voorloper is van wat gaan gebeur in die vakansietyd wat voorlê.
Kom ons vat dit kalm met geduld vir die stadiger persoon wat ook reg het op die pad. Bestuur BINNE JOU VERMOË.

Peet Schabort ·

Die nuutste nuus is ‘n bandbars op die taxi.
Ons besef nie die straf wat bande moet verduur op paaie.

Peet Schabort ·

Die nuutste vanaf Arrive Alive is 19 dood + 6 beseer = 25 in daardie taxi !!!
Geen wonder.

christo ·

Daar word altyd die skuld vir n band wat bars gegee.Bande wat reg gebreuk word bars nie.dit is bestuurders wat nie behoorlik kan bestuur nie.Treffend dat taxis altyd bande het wat bars

Genoeg ·

Waneer leer die insitendes dat n taxy net n sekere hoeveelheid mense kan hanteer. Kom ons leer die taxy bestuurders n lewensles deur slegs die oop sitplekke vol te maak, dan moet hy ry. Die oorblywendes klim asb n ander een

karina ·

Ek werk vir die Vervoer maatskappy wie se trok dit is. Die taxi se wiel het gebars en is kop aan kop teen die trok vas. Geen mens weet hoekom daar 23 mense in die taxi was nie want daar mag net 16 in wees

Karolis ·

Kyk weer na die foto, die taxi het die trok kantlangs (side swipe) getref. As dit kop aan kop was dan sou die taxi van voor af opgefrommel wees.

arie plaasboer ·

Karina, baie dankie virm jou kommentaar. dit sluit volkome aan by my wete dat bande gebou word vir die dra van `n bepaalde vrag. Word die vrag oorskrei sal die band na `n lang ruk waarskynlik meegee (bars) met gewoonlik noodlottige gevolge.
bande wat gekik is vir gebruik deur taxi’s word deur bandmaatskappye voorgekryf maar aangesien bande wat op id evleeings pas maar bedoel is vir baie ligter vragte soveel goedkoper is, is die eintlik te verwagte dat die goedkoper band (met laer vragdra vemoee) maklik gebruik sal word deur taxi eienaars sonder dat hulle besef waaraan hulle die insittendes aan blootstel.

karina ·

En die ergste is almal gaan aan oor die mense wat hul lewens verloor het maar niemand dink aan daai man wat die trok bestuur het wat probeer uit swaai het om die ongeluk te probeer vermy nie. Hy is baie erg getraumartiseer en het oom seer gekry ons hoop dat die berading wat hy kry hom sal help. Want ek glo nie enige iemand wil so iets sien nie.

Lynette ·

23 persone in ‘n 16 sitplek mini-bus…??? HOEVEEL keer moet daar oor “overloading” gepraat word…???!

Frans ·

Sos gewoonlik kan da nie getel word nie ek kani verstaan hoe die pasasiers so laat speel met hul lewens nie stop dai taxi drywer net da as hy so jaag of te veel mense lai

George in Bloem ·

Mens wonder hoeveel mense nog moet sterf voordat hierdie slapgat regering die taxi bedryf goed vasvat en skoonmaak? Die bedryf is “a necessary evil” maar is tans wetteloos en kos die land baie geld.

Zena ·

Die mense kan dit nie help om soveel ingelaai te word nie. Die taxi wil eenvoudig nie ry as daar nie soveel in is soos wat hulle wil inlaai nie. die mense kan maar praat en aangaan,maar nee die taxi bestuurder ry doodeenvoudig nie. Dan moet die mense maar gelate toelaat, want hulle wil by die huis kom. Wie wil dan ook nou die heel dag in n taxi sit wat nie wil ry nie. Sterkte aan die naasbestaandes.

Eddie ·

Dit kom alles maar daarop neer dat die taxi bestuurders nie n saak het met wat is reg of verkeerd nie. Dit gaan alles oor die geld wat hulle kry. Hulle kry n sekere persentasie van wat hulle n dag maak. Dit is een van die redes hoekom hulle overload. Daai exstra geld gaan na hulle sak toe. As die verkeers beamtes ook ophou bribes vat as hulle op n overloaded taxi afkom sal daar ook minder ongelike wees.

Paul ·

29 Plaasaanvalle in 30 dae, was dit nie dalk ‘n blinde sambok reaksie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.