[Foto’s] Slang by kleuterskool

Die slang by die kleuterskool in Umdoni, Amanzimtoti (Foto: Netcare 911)

Die slang by die kleuterskool in Umdoni, Amanzimtoti (Foto: Netcare 911)

Paramedici van Netcare 911 is Maandag na ʼn kleuterskool in Amanzimtoti ontbied toe ʼn slang op hul speelgrond ontdek is.

“Toe ek by die pre-primêre skool in Umdoni aankom, was ʼn Rooilippie besig om ʼn baie groot padda in te sluk,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Slegs die agterkant van die padda het nog by die slang se bek uitgesteek.”

Die kinders en hul onderwysers het die petalje van ʼn veilige afstand aanskou en die onderwysers het verduidelik wat besig is om te gebeur. “Ek het die slang gevang en dit in ʼn houer geplaas. Die slang het toe die padda uitgespoeg,” het Botha bygevoeg. Die slang is later in ʼn veld, ver van enige skool af, vrygelaat.

Wonderbaarlik het die padda ook die voorval oorleef en het weggehop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Vir ‘n verandering is daar nie politieke inmenging. Dalk tog ‘n politieke slang wat sy ding wil doen ?

Hennie ·

Daars n slang in die gras by die skool .Hopelik nie n politieke slang nie!

stella ·

Kyk die padda se bloed. Net weg spring? Ek twyfel. Hy lyk dood

PIXIE ·

Ag dankie tog die slang is ‘vrygelaat” en nie doodgemaak nie.

pop ·

Ek is baie lief vir paddas. Daai padda sou iewers inkruip en doodgaan. Siestog.

Cum Laude ·

Onmoontlik dat dazai padda nog kon gaan opsit in die vlei! Hy is klaar deeglik morsdood gesterf. Die slang verwurg (constrict) hom voordat hy hom begin sluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.