[Foto’s] Swanger vrou onder vragmotor vasgekeer

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Swanger vrou, in haar 20s, is Dinsdag ernstig beseer toe sy onder ʼn vragmotor vasgekeer is.

“Paramedici is na die toneel naby Edendale in Pietermaritzburg ontbied waar ʼn groot wipbakvragmotor in die middel van die pad omgeslaan het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die vrag sand het oor die pad gelê.”

ʼn Vrou, wat hoog swanger is, se onderlyf was onder die vragmotor vasgekeer. “Sy het ernstige beserings aan al twee haar bene opgedoen,” het Meiring bygevoeg. “Die reddingspan het langer as ʼn uur gespook om die vrou te bevry.” Paramedici het die vrou op die toneel gestabiliseer en sy is na Edendale-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ghost ·

Daar word so veel klem week na week gele oor hoeveel dronk bestuurders aan gekeer is. Wanneer gaan hulke soveel moeite doen om die onpadvaardige, roekelose trokke, busse en taxi’s aankeer wat meeste van die tyd oor die spoed grens ry en niks vir ander se lewe voel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.