Foto’s: Vrou ernstig beseer nadat sy in diep gat val

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Verskaf

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn 51-jarige vrou is Woensdag ernstig beseer nadat sy op ʼn plantasie noord van Nelspruit in ʼn diep gat van ʼn onwettige goudmyn geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op ʼn plantasie sowat 60 km buite Nelspruit langs die Witrivier-pad gebeur.

“Reddingswerkers moes sowat 15 m in die gat afseil om by die vrou uit te kom,” het Meiring gesê. “Die vrou het op haar rug op die grond gelê toe paramedici by haar uitgekom het. Sy was in ʼn ernstige toestand en het haar bene bokant en onderkant die knieë gebreek.”

Reddingswerkers het die vrou gestabiliseer voordat sy na die oppervlak geneem is. ʼn ER24-ambulans het haar na Mediclinic Nelspruit gehaas vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.