Fredi Nest sterk aan ná beroerte

Argieffoto: Fredi Nest

Argieffoto: Fredi Nest

JONGSTE: Fredi Nest het op 3 Julie 2015 sy stryd teen kanker verloor. Klik hier om meer te lees. Ons innige meegevoel aan sy familie, naasbestaandes, vriende en ondersteuners. – Red

Die sanger Fredi Nest sterk in ʼn hospitaal in Pretoria aan nadat hy vermoedelik ʼn beroerte gehad het.

“Dit gaan goed met hom, hy raak beter by die dag,” het Jami-Lee Bouwer, sy woordvoerder, Maandag aan Maroela Media gesê.

Nest (57) is Donderdag in die hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem nadat hy tekens van beroerte getoon het. Hy het sedertdien ʼn prosedure ondergaan om drukking op sy brein te verlig. ʼn Breinskandering is ook gedoen wat gewys het dat hy twee gewasse op sy brein het. Hy is oor die naweek na ʼn algemene saal oorgeplaas.

“Die uitslag van toetse op die gewasse sal na verwagting Maandag bekend gemaak word, waarna sy dokters sal bepaal watter behandeling vir hom voorlê,” het Bouwer gesê. Daar word verwag dat hy spoedig met bestraling gaan begin in ʼn poging om die gewasse te verwyder.

Bouwer het gesê Nest is in ʼn goeie luim en is baie positief. “Hy het nog pyn in sy nek en in sy kop, maar hy is reg om enigiets te hanteer wat vir hom voorlê en het gesê hy gaan vir ten minste nog 15 jaar lewe en musiek maak.”

Bouwer het namens Nest, sy vrou Sylvia en hul kinders al sy aanhangers bedank wat hom in hul gebede opdra en vir hul boodskappe van bemoediging.

Nest het op 3 September 2012 drie hartaanvalle gehad het. Hy het die oggend by sy huis in Pretoria ineengestort ná twee hartaanvalle en terwyl hy in die Steve Biko-hospitaal besig was om ʼn angiogram te ondergaan, het hy ʼn derde hartaanval gehad. Hy was egter gou weer op die been en teen Oktober terug in sy ateljee en hard aan die werk.

Sien ookVideo: Fredi Nest se boodskap uit die hospitaal

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

Alle beterskap Fredi en mag God jou gou gesond maak sodat ons nog lank na jou musiek kan luister.

sarie viljoen ·

Fredi , Glo en vertrou, Jy bly in ons gebede, word gou gesond , kom sing vir ons asseblief !

mira ·

Ek het ‘n besig van cansa gesien waar in hulle bevestig dat Fredi kanker het wat blykbaar vinnig versprei na sy brein toe. Weet enige Iemand of dit waar is?

Sune van Heerden ·

Dagsê Mira

Maroela Media bevestig in hierdie berig ook dat Fredi twee gewasse op sy brein het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

scalla ·

Sterkte Fredi, hoop jy hestel volkome, hou van jou musiek wat elkeen n storie vertel

isak coetzer ·

hi freddi hoop jy word gou gesond ons mis jou by pienkies in witbank en onthou god se hand is oor jou sterk wees

Christine ·

Voorspoed en gou gesond word Fredi, ons wil jou volgende jaar by die Blikkiesfees sien, dink aan jou en ons gebede gaan uit na jou en jou familie .

Rietjie ·

Sterkte Fredi e sy familie word toegewens dink aan jou net onse Vader het sy hand oor jou. hy sal jou bewaar oral waar jy is of gaan

isabel oosthuizen ·

Ek het ook gehoor dat freddi die gevaarlike kanker het?wil weet of dit waar is? Hoop jy word gou gesond en jy moet net glo freddi

stephan ·

ek jammer oor wat ek nou se maar my hart is seer en in betwyfel.
Ferdi was n gelowige mens en n goeie mens. hy kom al die probleme te staan op sy lewens pad. waar is ons vader wat ons bewaar en ons beskerm. ek het self n siekte en was nie n slegte mens nie maar die vader wil my nie genees nie. hoekom laat hy sy kinders in swaar kry en leiding. is dit nie die straf wat die heidene moet kry nie, hoekom sorg ons Vader nie vir ons nie, Waar is hy dan? of weens hty als wat sleg is ons toe

rudolph ·

Fredi het ons almal se harte aangeraak en respek getoon oor almal wat oor sy pad gekom het sal hom ewag ontou sterkte aan die familie wat hy agter gelaat het

Belinda ·

Woorde kan nie die verlies beskryf nie. Ons sal hom mis hier by die Traders Square in Montana Pretoria, het hom altyd so geniet. Berusting, vrede en seën vir sy gesin. Afrikaaners het ‘n legende verloor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.