Gesinsmoordenaar doodgeskok

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Uyslen Nel (45), wat drie keer lewenslange tronkstraf uitgedien het vir die moorde op sy vrou en twee kinders, is Maandagmiddag dood weens ʼn elektriese skok by ʼn huis in Port Elizabeth.

Kapt. Johann Rheeder, polisiewoordvoerder, het gesê Nel, wat as elektrisiën gewerk het, was by ʼn kliënt se huis in Westering en was besig in die dak toe hy geskok is. Volgens Rheeder is Nel op die toneel dood verklaar. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Nel is in November 1996 tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moorde op sy vrou Natasha (25) en kinders Marius (4) en Robin (2). Hy het hulle met ʼn AK47 in sy motor doodgeskiet.

Algoa FM berig Nel is verlede jaar op parool vrygelaat en dat hy nege maande gelede weer getroud is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Johan ·

Hy is in 1996 tot 3 keer Lewenlank tronk toe gestuur vir MOORD op sy vrou en kinders. Hy is verlede Jaar (2014) op Parool vry gelaat. MAW. die man het sleg 8 Jaar van 3 lewenslange vonnisse uitgedien. Ek verstaan Leweslank as verewig – altyd. Ek verstaan en aanvaar baie dinge, maar die een kan ek nie uitwerk of verstaan nie!!!!

Peet Schabort ·

Dis was darem 18 jaar agter tralies Johan. Ek stem saam dit was by verre nie genoeg.

Paul ·

Hoekom “nie genoeg” nie?

Watter doel sou dit dien om die man langer in die tronk te gehou het?

Griet ·

Hy het 18 Jaar van drie lewenslange vonnisse uitgedien, nie 8 nie. Die drie lewenslange vonnisse word samelopend uitgedien, m.a.w. hy sou nie een uitdien, dan die volgende en daarna die derde nie. ‘n Vonnis van “Lewenslank” is nie vir ewig nie. Dit beteken bloot dat die oortreder 15 jaar moet uitdien voor hy/sy in aanmerking kom vir parool.

Christelle ·

Ek stem saam en verstaan glad nie – Kan iemand vir ons lig skyn op die onderwerp??

Helena ·

Paul as dit jou siening is, hoekom hom dan in die eerste plek tronk toe stuur? Dan kan alle moordenaars mos maar net dood maak en daarmee weg kom… dink jy regtig 18 jaar is naastenby genoeg vir die 3 lewens wat hy geneem het?
Hy moes in die tronk dood gegaan het!!!!!!!

pop ·

3 keer lewenslank!!!En hy is buite die tronkmure. Geregtigheid het hier geseevier

JOHAN ·

Wat mis ek hier. My somme se vanaf 1996 tot 2014 is 18 jaar en nie 8 jaar nie

Charmaine ·

Kan amper nie glo hy vrygelaat was,omdat hy getrou het nie.Regverdigheid het geseevier..

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Die wiel draai dit moes al ia in 1996 geduer het

Tdw ·

Dit laat mens wonder hoeveel rubbish nog hier tussen ons rondloop wat vir lewenslank tronk toe gestuur is? Wie laat ons toe om in ons huis te werk as elektrisiën, loodgieter of bouer. Waar is die geregtigheid? As 3 lewenslange tronkstraf in 8 jaar uitgedien kan word is 1 lewenslange tronkstraf dan net 2 en ‘n halwe jaar? Geen wonder ons misdaadsyfer is so hoog nie!

Piet Pompies ·

Volgens wetgewing is lewenslank in RSA 25 jaar vir moord, die persoon se vonnis vir die 3 moorde is samelopend. So hy het effektief 25 jaar tronkstraf gekry.
Geen persoon het die reg om iemand anders se lewe te neem deur moord……daardie sambok kom slaan terug nadat die skoot geklap het

Gallie ·

‘n Mens moet altyd pasop vir die blinde sambok. Hy het in die hof gese sy een kind het soos ‘n dier geskree toe hy hom skiet. Dankie tog vir ” blind justice” Hy het verdien om te gaan.

Piet Pompies ·

Lewenslank beteken dat die persoon sy hele lewe lank onder korrektiewe toesig sal wees, al word hy vroeg op parool vrygelaat, bly hy die res van sy lewe onder korrektiewe toesig.

Dee ·

Interessante stelling wat jy hier maak Pieta. Nie dit geweet nie. Wat beteken dit egter dat hy vir die res van sy lewe onder korrektiewe toesig is en hoe streng word dit toegepas? Eerste keer wat iemand sê dat ‘lewenslank’ dus werklik so toegepas word.

Carel ·

Wie kan die storie onthou, hoekom het hy dit destyds gedoen? Of wat het gebeur?

emma ·

Google ” uyslen nel moord ” Hierdie man het definitief psigopatiese neigings gehad

Rooijan ·

Daar was ook onlangs nuwe berigte oor hom indie koerant ek dink hy het sy nuwe vrou mishandel of so iets.

Gertjie ·

Ek is ‘n sondige mens en wil nie ‘n klip optel om die man daarmee te gooi nie.

Ouman ·

Die strafregstelsel faal die mense van die land. So ondier moes lankal gehang het.

Paul ·

Dit is doodreg, dan het niemand nou oor die kort straf periode geredekawel nie. Hy het die tou om die nek drie keer verdien.

Yolande ·

Ek weet hoe dit voel om as kind jou susters vas te hou en te hoor hoe jou pa elke dag dreig dat hy ons almal met sy diensrewolwer gaan doodskiet. Vandag het die letsels gelaat, ek plaas baie druk op myself om die beste ouer te wees. Ek weet polisiemanne van daardie tyd het deur geweldige spanning gegaan. Bv my pa het met n 3 jaarige se harsings in n sak by hospiaal opgedaag na n fratsongeluk. Hulle het gebreek. Maar dit regverdig dit glad nie, ek weet hoe sy kind moes voel.

Hannalene Greyling ·

Doodstraf het misdadigers se lewe van hulle af weggeneem, soos hulle hulle slagoffers se lewe geneem het. Tronkstraf het dit vervang en is veronderstel om iemand se lewe op ‘n “beskaafde manier” van hom af weg te vat. Ek weet van geen tronkstraf wat van afskaffing tot op hede daardie doel vervul het nie, behalwe die ou wat vir Chris Hani geskiet het. Vir ‘n oomblik sy naam vergeet . Sover ek weet, sit hy nog. Hoe regverdig.

Akram ·

Karma is maar n ding om ingedagte te hou. ek vertsaan ook nie die vonnisse so goed nie. lewenslank is 25 jaar. so as n moordenaar skuldig bevind word op 10 moorde, dan sit hy net 25 jaar? en die tyd sluit die vonnis in van ander misdade soos bv roof en inbraak en onwettige wapens? dis nou die “samelopende vonnis”. wat as die regter vir die persoon vonnis op elke klag afsonderlik? kan hy dan effektief binne bly tot die vonnisse almal uitgedien is, of is dit net 25 jaar en klaar. as hy hom soos n hooligan in die tronk gedra en hy kry nie afslag nie kan hy na 25jaar uitstap en alles is done and dusted? dalk kan iemand dit meer beskryf.

SkarrelKind ·

Martin – Karma is ‘n oosterse term vir baie dieselfde ding as die Bybel se “Wat jy saai sal jy maai”. As mens ander te na kom, dan kom mens self slegte goed oor. En as mens goed doen vir ander, dan kom mens ook weer goeie goed oor. Dis die beginsel, eenvoudig gestel en soos ek dit verstaan, maar as mens tegnies wil raak is die verduideliking baie meer ingewikkeld. jy kan dit Google.

Gesiggie..... ·

Lewens lank… beteken vir die res van jou lewe…. maar die man het nogsteeds weggekom met Moord…. Ek glo nie skok was genoeg vir hom??? nie vir wat hy aan sy vrou en kinders gedoen het??? Hy het dit te maklik gehad??? Maar ja wie is ons om te oordeel””

Lies ·

Lewens lank is 27 jaar as ek dit nie mis het nie!!!! Hy moes in die tronk gevrot het!! Maar nou ja….. oog vir ‘n oog!!!!

Elzaan ·

Ja volgens die wet word lewenslank gesien as 25 jaar. As die moorde, soos in die geval samelopend is, dien hy net 25 jaar. Maar as dit nie samelopend is nie, is dit n ander saak.

Takkie Takuuza ·

Wie is julle om so te oordeel? Jesus het ‘n moordenaar langs hom op die kruis vergewe, en jy ou vlekkelose ag dit jou reg om te oordeel? Mag God julle vergewe.

tamboti ·

Ja Takkie Jesus het die net die EEN moordenaar se sondes vergewe omdat hy berou gehad het – maar hom nie afgehaal en vrygemaak nie, hy het tog gesterf vir sy dade!
Ons veroordeel die dade wat mense doen en sal hul graag wil straf volgens hul oortedinge. Wil jy he almal moet maar net wegkyk en bid dat die misdadiger tog maar sal bekeer en ongestraf laat sodat jou gewete skoon moet bly? God sit nie op die aardse regstoele nie – dis oorgelaat aan die mens, en die wat daar is – is mens net soos ons.
Al het ons almal, ja jy ook, sondes. Dit beteken nie dat ons nie logiese en emosionele kommentaar mag maak nie, of die oordeel fel hier op aarde nie. Of ons al die feite het of nie, die howe maak selfs met al die feite GROOT foute.
Netta as jou feite reg is, is dit jammer dat daar nou weer ‘n weduwee en kind is wat hartseer agtergelaat is. Maar die man moes 18 jaar terug die elektriese stoel gekry het, dit sou sy waardige straf gewees het. En ja hy kon ‘n hartsverandering toe gehad het, soos die moordenaar aan die kruis, net betyds. Dan sou daar nie NOU verdere hartseer gewees het nie.

Annetjie ·

Takkie ja Jesus het die moordenaar vergewe aan die kruis, maar ons as mens voel dat dit aan ons nie reg is nie want hy het dan lewens geneem

Louise ·

Wanneer ons daaglikse lewens stelsel ons in die steek laat dan vat ons Vader oor.
Dis Hoekom vertrou al jou seer en bekommernise in Hom toe en hy weet die beste.

Louise ·

Takkies, asseblief mag God ALMAL se sondes vergewe en SIEN.
God het ons as mens n gesonde verstand gegee om ons en ons mede mens te beskerm teen sondaars, ONGELUKKIG moet daar n oordeel GESKEP word om goed van die SLEG die onderskei. He het n keuse gehad en dit gemaak, NIE die res nie.

Takkie Takuuza ·

Jy kan jou verondskuldig net soos jy wil, die oordeel kom jou nie toe nie. ‘n Mens smokkel ‘n swartwitpens van Zambia af en word gevang in Zimbabwe en die helfte van die mense op hierdie forum wil daai ou sien brand in die hel. Ander wil Oscar sien brand en ander wil hom vergewe. Hoe regverdig is jou oordeel? Los dit vir die wie se taak dit is. Daai moordenaar is deur die owerheid ‘n straf opgelê en het dit volgens hulle riglyne voltooi, as God hom verder gaan straf is dit so en as God hom vergewe het is dit ook so. Maar jy het nie nodig om dit te doen nie. Probeer bietjie om ‘n beter mens te wees en nie so “judgemental” te wees nie. Dink ‘n bietjie hoe jou oordeel sou gewees het as dit iemand was vir wie jy lief is. Lees maar die kommentare op al die berigte, mense weet nie eers wat die waarheid is nie, maar huiwer nie om t6e oordeel nie. Slegte gewoonte.

Netta ·

Jinne Takkie, ek is so bly daar is mense soos jy wat ander wat so wraaksugtig is, kan vasvat. Jy is doodreg – die oordeel kom God toe en Hom alleen. Ek is so bly om te sien ons landjie is so geseën met so baie mense wat SONDER SONDE is dat hulle die klippe so heen en weer kan gooi! Die kerke in hulle omgewing loop seker oor op Sondae!! Hy is nie vrygelaat omdat hy getrou het nie, is eers daarna getroud. Verder het hy nie sy nuwe vrou mishandel nie – julle sensasie begeesterdes moet seker maak van julle feite voordat julle so gorrel.
Seker die dat hulle soort van skuilname gebruik of hoe? Julle oordeel so maklik, maar klim vir ‘n oomblik in sy nuwe vrou en dogter se plek en dink aan die hartseer wat hulle nou beleef want hulle was werklik lief vir hom en hy vir hulle. Wat ook van ‘n moederhart wat gebreek is oor hierdie onverwagte einde van haar kind se lewe? Het sy nie ook al genoeg gely nie? Hy het ook nie sy gesin uitgewis omdat daar iemand anders in sy lewe was nie – wie dit ookal was wat sulke bog kwyt geraak het. Hy was ‘n lieflike mens wat ‘n baie moeilike pad gestap het in die gevangenis en wat ‘n hartsverandering ondergaan het. Tel maar op julle klippe en gooi dit lekker rond, onthou net met die oordeel waarmee jy oordeel sal jy geoordeel word. Hou hulle op hulle tone, Takkie, more gooi hulle weer klippe na ander mense toe. Ek neem aan die balke in hierdie kermkouse se oe is uit daarom sien hulle die splinter in iemand anders se oog raak.

Elsie ·

2 en 4 jarige met ‘n AK geskiet?????????? ek is sooooo bly jy het jou verdiende loon gekry……doodstraf volbring

Liezel Jansma ·

God slaap nie, op die einde het hy gekry wat hy verdien het. Op die regte tyd op die regte plek.

Meraai ·

Soms wonder ek of mense bloot sensasie najaag en of iemand vir ‘n sekonde sal stilstaan en dink…. Seer word deur meer as een party gedra, of dink julle almal dat mens jou kind kan weggooi en uit jou hart skeur. Ek glo daar is ouers aan beide kant van hierdie saak wat teleurstelling, seer, skok en verwyt het. Dink ‘n oomblik aan hulle ook. En die sensasie belustige Rooijan, as jy nie weet wat in ‘n ander se binnekamer aangegaan nie, hou op bespiegel en maak seker van jou feite.

Fanie ·

Ek dink jy is heeltemal uit lyn uit Meraai!!! Of jy het die berig nie gelees nie!!
Ek wens ook net mense wil ophou om hulle godsdiens, of eie geloof in kommentare in te weef.
Dit is nie die Here God Almagtig se skuld as mense kwaad doen, moord pleeg of lieg of wat ook al nie!! Dit is daardie betrokke persoon se eie skuld. Die ortreder, die sondeling. Mens kry goeie saad, en jy kry bose saad.
Net bly hy het sy straf gekry met die geskokkery, maar dit is nie te sê hy is op die verkeerde plek wat hy verdien nie. Hy het dalk intussen geleer om God lief te hê. Hoe sal mens weet wat sy saak met die Maker is/was.
Dalk het hy tot inkeer en bekering gekom, voor sy dood!! Mens sal nie weet nie né. So dit is nie vir ons om te oordeel nie.

Christelle ·

Wat jy saai sal jy maai! Die wiel draai. Geregtigheid het geskied. En so kan ons aangaan en aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.