Gewelddadige betogings by Limpopo-myn

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die gewelddadige betogings wat die afgelope week by Anglo American Platinum se Mogalakwena-myn in Limpopo voorgekom het, het Donderdag tot ontwrigting op die nabygeleë N11 gelei.

Kapt. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n vragmotor is Donderdagoggend aan die brand gesteek en die pad is versper. Dit volg nadat gewelddadige betogers Maandag en Dinsdag by die Mogalakwena-myn betoog het. Volgens Otto is die betogers glo inwoners van die omliggende informele nedersettings.

Otto het gesê die betogers het Maandag eers die N12 probeer versper toe hulle deur die polisie uitmekaar gejaag is. Die betogers het toe paaie na die myn versper met klippe en bande wat aan die brand gesteek is. Die betoging het Dinsdag voortgegaan en teen Woensdag kon die polisie daarin slaag om die betoging in bedwang te bring hoewel daar weer sporadies betogings uitgebreek het. Volgens Otto is verskeie mense reeds in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Volgens berigte eis die betogers werksgeleenthede van die myn se bestuur. Mpumi Sithole, ’n woordvoerder van Anglo American Platinum, het intussen berigte dat van die myn se infrastruktuur en voertuie tydens die betogings beskadig is, ontken. Volgens Sithole is die myn se bedrywighede nie deur die betogings geraak nie. Sy het gesê die myn se bestuur het met verteenwoordigers van Ga Molekane, ’n nabygeleë nedersetting, vergader en dat ’n taakspan wat uit die mynbestuur en gemeenskapsleiers bestaan op die been gebring is om die kwessies aan te spreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Wat wil hulle met werksgeleenthede maak? Hulle staak dan 11 maande van die jaar en die 12de maand (Desember) gaan hulle huis toe vir hulle jaarlikse verlof!!!

SILVIAW ·

Ek stem , patetiese goed wil nie werk nie , maar wil geld he . Wonder hoekom gaan plak hulle nie voor zumpie se huis nie , dalk kan hy hulle n paar sente gee !

Jenny thom ·

Absolute manipuleerders!! Dit kan hul wel goed doen. Werk vir maande nie, en dan moet jy weer hul werk terug gee, nadat hulle persoonlik vir somtyds miljoene rande se skade verantwoordelik was. Laat die loop wat staak en nie wil werk nie. Daar is oorgenoeg van ons volksgenote wat maar te graag die werk wil doen, sonder voorwaardes van spesifieke salarisse, ens, ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.