Groepsklag kom dalk teen M-Net

Skermskoot verskaf deur Solidariteit

Skermskoot verskaf deur Solidariteit

Die vakbond Solidariteit het vandag bekendgemaak dat hy van voorneme is om ’n groepsklag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) in te dien oor M-Net se diskriminerende Magic in Motion-internskap.

Dit volg nadat dié betaalkanaal vroeër aangedui het dat slegs swart, bruin en Indiërpersone vir ’n internskapsgeleentheid oorweeg sal word. Alle wit persone word van die geleentheid uitgesluit.

“Ons klag by die MRK is gegrond op die wetlike verbod op kwotas en absolute beperkings sowel as die reservering van poste,” het Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Regverdige Arbeidspraktyke gesê.

“Die verduideliking wat M-Net aan Solidariteit gegee het, is onaanvaarbaar en bevestigend van die feit dat hulle alle wit persone uitsluit en gevolglik teenstrydig met die wet optree,” het Groenewald verduidelik.

Volgens hom het die konstitusionele hof reeds die wetlike beperkings op die toepassing van regstellende aksie bekragtig. “Dit is totaal en al onaanvaarbaar dat M-Net sulke diskriminerende praktyke ondersteun en implementeer. Ons sal die MRK versoek om dringend aandag te skenk aan die saak en ook argumenteer dat M-Net van hierdie praktyke moet afstand doen.”

Groenewald het gesê die saak kan nie net daar gelaat word nie. “Ons is moreel verplig en wetlik daarop geregtig om aksie te neem. Ons het ook ’n sosiale verpligting om op te staan teen hierdie rassistiese praktyke.”

Solidariteit versoek alle persone wat wil deel vorm van die groepsklag om die woord ‘REG’ te SMS na 34802 of besoek hul webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

edward ·

Looi hulle my maat. Die wit haters is soos donkies—leer nie. Maar selfs my ou trekdonkie sal sy kop nie so stamp nie Solidariteit—dankie vir wat julle vir ons beteken. As dit nie vir julle was nie—ai—julle is soos 1914 se Helpmekaar toe daar ook geen hoop en troos was nie.Merkwaardig dat mense nie meer aansluit teen daardie lae fooi nie.BAIE DANKIE

maritz ·

Begin n veldtog . Ons sakel mnet af . Rugby gaan nie meer rugby wees nie so wat kyk ons verder

Lorna ·

Nice go hulle die bleddie Rasiste Nou moet julle begin om banana banana hof toe te vat oor kwotaspelers

deon koegelenberg ·

Ek stem saam met Lorna vat die sokkerliggaam aan oor kwotas in sokker Dit realiseer glad nie

Barry ·

My tv is gelukkig heeltemal af en ondersteun hulle gelukkig glad nie.Maar ondersteun julle-Solidariteit 110%!! Dankie dat julle vir ons veg,ons steum julle al die pad!

Fanie ·

Wat se vermetelgeid van Multichoice. Arrogant verby. Ons het al vir 8 jaar nie dstv. Is hulle ‘n staatsinstelling ?
Goed so Solidariteit!! Vat hulle vas.
Net jammer ons moet nou vir alles baklei wat tog te gerieflik in hulle se skote geval het.

rietrot ·

Dit maak mens bitter om sulke goed te lees. As die groep nie alle mense wil ondersteun nie, hoekom moet daar ondersteuning gegee word? Dit is immers ons geld ook. Maar ek dink dat hierdie meer kansellasies tot gevolg sal hê. En dit in n tyd waar die ekonomie swak is, ek wonder of hulle werklike verliese in gedagte het. Tyd sal leer.

Bessie de Kock ·

Solidariteit.
Dit is nou net hier wat julle Multichoice, Mnet en DSTV moet vasvat
Gaan lees bietjie die kommentare op DStv se facebook blad
Hulle diens om te help is baie goed.(DStv) Maar hulle hande is vasgebind met PAKETTE WAT MULTICHOICE aan hulle verskaf
Ons kyk maar TV vir R99 p m omdat ons die R800;00 nie kan bekostig nie. Daar is miljoene mense soos ons
Geen mens kan die hoë koste bekostig wanneer jy ñ pensionaris is wat net v ons rentetjies moet lewe nie
Mnet en Multichoice sit met die hef in die hand
Diskriminasie teen die laer inkomse groepe
EN HIER PRAAT EK SPESIFIEK VAN KYKNET EN S 1 EN S 2 wat by GEEN goedkoop pakket ingesluit is nie.
Hulle dwing jou om die duur pakket uit te neem, as jy sport of AFRIKAANS wil kyk.
Anders is daar Kyknet & kie, met stokhoring ou programme
Ek sê maar net
Sterkte met Mnet VAT HULLE VAS.
Ons moet K en betaal.

Marius Buys ·

Kry vir oom ‘n Openview dekodeerder teen ‘n eenmalige bedrag van R399. Dit het ‘n klomp gemors op maar dit het wel ASTV (Afrikaanse programme) wat nogal nie te sleg is nie.

Frans ·

Die ironie van die saak dat Mnet in die begin sukkel jare ruimskoots van invloedryke blankes gebruik gemaak het om intekenare te werf. So het hulle bv van ‘n bekende boukontrakteur (sedertdien oorlede) van Benoni gebruik gemaak.

Nou dat Multichoice ‘n monoplie is word blankes eenkant toe gestoot en is mense van kleur
seker omdat hul in die meerderheid is al wat tel en word FW se beroemde wigte en teenwigte bewys om slegs papierwigte te wees waaragter jy tevergeefs hardloop omdat hul soos tolbosse in die wind rond waai.

Christine ·

Ons het lankal nie meer DSTV nie. Het ‘n OVHD en kyk gratis, tot ‘n Afrikaanse program plus vele meer. Pure plesier.

Christine ·

Wat was fout met my kommentaar? Klink my julle sien dit dalk as kompiterend teen Multi Choice. Praat van diskriminasie!

Willem ·

Praat van stank vir dank. M-net, julle het die sukses-platform bereik met die leer wat, onder andere die sogenaamde wittes, vir julle regop gehou en vasgehou het. Nou word ons eenkant toe gestamp. Pasop, wie gaan die leer in posisie hou………dink bietjie. Solidariteit, ons skaar ons nou by julle, ons wittes sal julle leer oprig en vashou…….moenie ons ook wegstoot en versaak nie. Dankie byvoorbaat

Danie Odendaal ·

Solidariteit staan sterk en slaan hulle hard. M.Net is net te duur vir pensionarisse en die baanbrekerswerk van Wittes by die betaalkanaal word vir die wolwe gegooi. Julle optrede op ‘n wye terrain word waardeer. Hou so aan.

Riaan ·

Kan ons wit mense asb. net een keer saam
staan en stuur hulle ,julle weet waarna toe en boikot hulle tot die saak opgelos is.

Willie van Deventer ·

is hulle bang vir kompetiesie of weet hulle wie kan n verskil maak

Karolina Pool ·

Nou watse verskil maak dit…al sê die advertensie dis oop vir almal…die wit aansoeke land net in die asblik…niks word bereik nie…iets moet gedoen word dat die wit aansoeke ook op die kortlys kom.

zallas ·

Nou wat word van die sogenaamde kwota? Dit sluit mos in alle rasse. Nie net die wat hulle besluit kwalifiseer vir die kwota nie?? Maak my woedend!!!

Richard Booysen ·

But then why do most whites CONTINUE to support them with BIG dstv contracts……………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.