Helikopter val in Alberton

helikopter-alberton

Die helikopter wat geval het. Foto: ER24

ʼn Man in sy 60s het matige beserings opgedoen nadat ʼn helikopter Woensdagoggend in ʼn veld naby Kliprivierweg in die suide van Johannesburg geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het twee mans langs die helikopter in die veld gesit. “Een van die mans het matige beserings opgedoen terwyl die ander man nie beseer is nie.”

Volgens Meiring het paramedici die man wat beseer is op die toneel behandel voordat hy met ‘n private helikopter na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eddie ·

Daar is nie n kans dat ek weer in een klim as ek nou net in een was wat geval het nie. Ek loop eerder self na die hospitaal.

Rietrot ·

In bestek van ñ paar mnd. is daar baie vlieg ongelukke. Is dit diens of loods se skuld.

tamboti ·

Is daar nie erens ‘n ‘#choppors down’ deur die EFFers begin nie?

Johann Marx ·

Hoekom nie Eddie? Sê hulle nie as ‘n perd jou afgooi moet jy dadelik weer terug klim en verder ry nie?

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ed Man jys reg ek voel dieselfde ek ry liewer donkiekar hospietaal toe voor ek weer vlieg

Eddie ·

Julle verstaan nie die pilots moes seker baie gesweet het toe daai fan ophou draai bo hulle. Ek weet ek sou.

GES ·

Hulle moes laag gevlieg het. As ‘n enjinvaling ontstaan het, bokant die kritiese hoogte, sou hulle met behulp van autorotasie veilig kon land. Dankbaar niemand is nootlottig beseer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.