Gibbs sou Woensdag sy eerste hofverskyning maak, amper ʼn jaar nadat hy in ʼn ongeluk in Kampsbaai betrokke was. Die saak is egter tot 14 Desember uitgestel aangesien Gibbs tans in die buiteland is.
ʼn Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het gesê die doel van die hofverrigtinge in Desember sal bloot wees om die saak op die hofrol te plaas. Die saak sal dan waarskynlik vir verhoor uitgestel word.
Gee sy boete sommer oor die telefoon. Hulle wil weer n sirkus van die besigheid maak.
Sake word onnodig uitgerek. Die uiteinde is dat niemand meer kan onthou wat gebeur het nie en dan ontaard dit in ‘n sirkus.
Groot hero op die sportveld. Ook maar voete van klei. Geen verskoning van hy is oorsee en ander verpligtinge nie. Hy moet sy verantwoordelikhede nakom. Wat as hy in ‘n ongeluk betrokke was en mense was dood of beseer. Sou hy nog so arrogante glimlag op sy gesig gehad het as op die foto?
Miskien kan Steve en Joejoe vir hom raad gee oor hoe om die ou sakie van onverskillige bestuur te hanteer
Vic, jou kommentaar oor Steve is nie welkom nie.
Hy sal skotvry wegkom met sy oortreding ons lees dit klaar