ʼn Tweejarige dogtertjie het Vrydagoggend in ʼn swembad by haar huis in Pietermaritzburg verdrink.
“Dit is nie seker hoe die kind in die swembad beland het nie. Volgens bure het hulle die dogtertjie omstreeks 11:00 langs die swembad sien lê,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, aan Maroela Media gesê.
“Die gesin se twee honde het haar glo uit die swembad getrek, en in die proses haar een arm verskeur,” het Botha bygevoeg.
Die kind was reeds dood toe paramedici op die toneel kom.
Weet iemand watse honde ras was dit?
Dit was 2 Labradors, Rudie Heyneke.
Jammer vir my kommentaar, maar HOEKOM word swembaddens nie omhein nie?? Daar moet baie streng maatreëls ingestel word. Daar verdrink te veel kinders. Dit gaan my verstand te bowe dat mens ‘n swembad het, nie omgehein nie, en het klein kindertjies. Jammer as ek seermaak, maar dit maak my seer om sulke dinge te lees.