Jong man se liggaam nog nie gevind

Werner Finger. Foto: Facebook

Werner Finger. Foto: Facebook

Die liggaam van een van die drie vriende wat die naweek dood is toe die bakkie waarin hulle gery het oor ’n afgrond in die see gestort het naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap, is nog nie gevind nie.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die soektog na Werner Finger (20) is afgeskaal, maar dat daar wel nog van tyd tot tyd te voet na sy liggaam gesoek word. Pojie het gesê ʼn private boot en familie is ook by die soektog betrokke.

Volgens Pojie hoop hulle om Finger se lyk binne die volgende paar dae te vind. Hy het bevestig dat van Finger se persoonlike items langs die kus naby die bakkie se wrak gevind is en dat daar ook items in die see gevind is. Pojie het gesê hulle vermoed Finger het verdrink toe hy tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger is.

Finger, MarNic Els (20) en Luandro Jansen (21) is op Sondag 15 November by die George-polisiestasie as vermis aangemeld nadat hulle die Saterdagaand na Heroldsbaai is en nie weer teruggekeer het huis toe nie. Die polisie het onmiddellik na die drie mans begin soek. Die bakkie se wrak is naby die Voëlklip-uitkykpunt gevind waar dit sowat 120 m teen die krans afgestort het.

Els en Jansen se oorskot is deur hul naasbestaandes geïdentifiseer. Hulle liggame was in die bakkie vasgekeer. Die bakkie het nadat dit by die afgrond afgestort het, op rotse in die see beland en is verpletter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Liewe lulu

O aarde, dis heeltemal verkeerd. Dankie, ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

cs ·

Dit is verskriklik – veral vir die ouers – Hoe slaap mens in die nag wetende jou kind dryf dalk iewers in die see – Hoop hulle kry hom vinning dat sy ouers en familie kan afsluiting kry

Sune van Heerden ·

Dagsê S

Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Hendrik ·

Kry ‘n lewe asseblief. Dit gaan oor ‘n kind , nie oor die letter t nie.

Sue ·

Hemel maar julle mense is darem vol nonsend. In plaas van die berig te lees kyk julle vir spel foute en wie weet wat nog. Kry ‘n lewe asb.

Vir die ouers en familie bid ek dat hulle hom so gou moontlik sal kry. Dit moet baie hartseer wees om nie te weet waar jou kind is nie. Ek bid vir julle.

Malie du Toit ·

Hi, presies die rede hoekom party publikasies hul kommentaar blokkies gesluit het …
Hier is ‘n familie in rou
Maak die taalfoute in jou gedagtes reg, maar, ASB, moenie dit hier noem nie
Sterkte aan die Finger familie & sy vriende, ook aan die Els & Jansen families
Daar is baie mense wat vir jul bid, ({♥})

alida ·

Tipies van mense wat niks het om te doen nie. Fout vind is hul leuse. Sterkte aan die kind se ouers.

Sumari ·

Verskriklik hartseer. My innige simpatie met sy ouers, sussie, vriende en familie. Ek wil net ook dankie sê vir elkeen wat saam soek na hom.

Martin ·

Die arme Maroela doen sulke goeie werk, maar gaan maar swaar gebuk onder al die kritiek. Kan ons nie eerder dankie sê vir al die moeite wat hulle kosteloos vir ons doen nie.
Baie dankie Maroela.

Anel ·

Baie dankie Maroela vir die nuus wat ons vernuut ontvang uit die pen van jul joernaliste. Word opreg waardeer.

RITA ·

Anel dit is “verniet”……….:) baie dankie Maroela:) ek “laaik” julle baie. Sune van Heerden jy is tops.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.