‘Kapers’ met polisie-uniforms vasgetrek

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die Johannesburgse metropolisie het twee vermeende kapers in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die twee verdagtes is Vrydagmiddag in Alexandra in hegtenis geneem nadat hulle ‘n U-draai voor ʼn padblokkade gemaak het.

Metropolisiebeamptes het die mans agternagesit en hulle motor van die pad getrek. Volgens Minnaar is daar vasgestel dat die motor onlangs gekaap is en dat daar twee verskillende nommerplate aangebring is.

Volgens Minnaar het beamptes die motor deursoek en is daar op twee jaggewere, drie pistole, ammunisie, ʼn polisie-uniform en blou ligte beslag gelê. Minnaar het gesê hulle vermoed die twee verdagtes is deel van die sogenaamde Rolex-bende wat rooftogte in spogbuurte uitvoer.

Minnaar het gesê die ondersoek duur voort en dat die verdagtes binnekort in die hof sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Mooi man, dis nou wakker werk !!
Waar kom die polisie-uniform vandaan ? Stel daar ook vas wat is die oorsprong. Sou dit ‘n egte een wees moet daardie polisieman ook aangekla word van nalatigheid. Indien nagemaak moet die oortreder(s) ook aangekla word.
Die voordoen as ‘n polisieman of enige wetstoepasser moet in ‘n ernstige lig beskou word.
Daar is té veel sulke skurke wat uniforms misbruik en daartoe aanleiding gee dat motoriste nie wil stilhou indien so beveel en dan die risiko loop om doodgeskiet te word wat al gebeur het.

Winston ·

Die verskaffer is dood. Om te skiet op n voertuig sonder rede, is poging tot moord. Waar laat dit ons? Jy kan maar maak soos jy wil. Hoop hulle voer iets uit met hierdie element. Wakker gewees om hierdie goed bewapende kriminele vas te trek!

CHRISTA ·

Ek hoop net dat hulle ook voetboeie sal aanhê as hulle in die hof verskyn. anders gaan hulle ook wegkom!!

nico ·

Mooi man sien doen n bietjie moeite en jy word beloon jhb moet erkening vir daai beamptes gee dis goeie werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.