Klagtes teen Malema en kie kan weer ingestel word

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag gesê aanklagte van korrupsie en swendelary kan weer teen Julius Malema en sy twee medebeskuldigdes ingestel word.

“Dit is nie ʼn vryspraak nie, dit is ook nie ʼn uitspraak nie, soos die regter gestipuleer het,” het Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, gesê. “Die saak is slegs van die rol geskrap. Die moontlikheid bestaan dat die direktoraat van openbare vervolging genader kan word om ʼn sertifikaat uit te reik om die saak weer in te stel.”

Hy kon egter nie aandui wanneer die saak weer ingestel sal word nie.

Regter George Motlhe het Dinsdag gesê die saak sloer te lank en dit benadeel die beskuldigdes wat in die hof is en gereed is om voort te gaan. Hy het gelas dat die beskuldigdes se borgtoggeld ook aan hulle terugbetaal moet word.

Die saak sloer al sedert 2012 toe die drie persone in hegtenis geneem en aangekla is. Malema is vrygelaat op borgtog van R10 000 en Lesiba Gwangwa en Kagiso Dichabe is vrygelaat op borgtog van R40 000 elk. Hulle staan tereg op meer as 50 aanklagte van korrupsie en swendelary. Dichabe was nie in die hof nie. Die hof het gehoor hy ly aan depressie en sy regspan het ʼn aansoek ingedien dat die saak uitgestel word.

Malema wil egter afsonderlik verhoor word, “om te verhoed dat geregtigheid vertraag word”. Die staat het Malema se aansoek teengestaan.

Die staat voer aan Malema se Ratanang-familietrust het voordeel getrek uit ʼn onregmatige tender aan On Point Engineering.

Malema, Gwangwa en Dichabe is beskuldig van onreëlmatighede en dat hulle ʼn wanvoorstel van hulself gemaak het aan die departement van paaie en vervoer in Limpopo wat die tender van R52 miljoen aan die maatskappy toegeken het.

Lees alle vorige berigte oor Julius Malema op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Natasha Brittz ·

Dis feite Peet. Jacob Zuma het die klein monster gebou, hy het hom mooi geleer.

Ghost ·

Pateties van die staat om so lank te vat en nie aan kan gaan met die saak nie. Duidelik weet hulle nie wat hulle dien nie.

Weer-Terug ·

Wonder waarom Peet se kommentaar verwyder is????
Onbekwame Ondersoek Beamptes????? Vra net… “Saak sloer sedert 2012…”

Anti-Haas ·

Peet het seker die waarheid te reguit gepraat ou maat.
My kommentaar ook al verwyder in verlede.

neelsie ·

Maar Afrika politiek, rek die saak uit totdat daarvan vergeet is. Al die bedrogsake teen Zuma?

Melt Olckers ·

Die saak en die feit dat dit die padjie volg gaan net die idee versterk dat Malema vervolg word deur Zuma. Malema se steun word net hierdeur versterk omdat hy gesien word as ‘n martelaar.

Rynhardt ·

Met alle klagtes wat teen Zuma laat vaar is,wys daar was agter die skerms ingemeng om alle klagtes te laat vaar!In 2009 was 783klagtes ook teen Zuma laat vaar en Zuma word president!Dit bring my by die volgende.Makema en Zuma is nog steeds vriende.Die kritiek teen Zuma is alles toneelspel in parlement!Na die tyd is hulle groot “buddies” en drink hulle n bier oor hoe hulle publiek flous.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.