Kleinhoewe-aanval: Pa dalk verlam vir R250 en twee selfone

Braam Blignaut. Foto: Verskaf.

Braam Blignaut. Foto: Verskaf.

Kort voordat Braam Blignaut (35) se aanvallers onder meer sy selfoon tydens ʼn vermeende kleinhoewe-aanval geroof het, het hy sy ma gebel om vir haar te sê dat hy lief is vir haar, geskiet is en “dit nie gaan maak nie”. Dít terwyl sy vier kinders saam met hom in die huis was.

Blignaut, ʼn voorman by Tharisa-myn naby Mooinooi in Noordwes, het nagskof gewerk toe hy Vrydag in die vroeë oggendure ʼn boodskap van sy vrou, Izulda, kry wat sê sy is bang, want die honde by hul huis op ʼn kleinhoewe in die Buffelsfontein-gebied blaf erg.

“Sy werk is sowat 5 km van hul huis af. Hy het omstreeks 02:00 in sy kar geklim en daarheen gejaag,” het Blignaut se ma, Gerda Steyn, Maandag aan Maroela Media gesê.

Twee verdagtes het Blignaut buite die huis ingewag en met sy aankoms ʼn vuurwapen op hom gerig. Hulle het hom in die huis ingedwing waar hulle sy hande met Izulda se gordel agter sy rug vasgebind het. “Hulle het daarna ʼn vlag wat in my seun se huis is in flarde geskeur, Izulda uit die bed uit geruk en haar hande met die repe vasgebind.”

Blignaut se kapmes waarmee hy homself probeer verdedig het.

Blignaut se kapmes waarmee hy homself probeer verdedig het.

Drie van die egpaar se vier kinders, onderskeidelik twee, vier, sewe en 10 jaar oud, het tydens die geharwar wakker geword. Hulle is almal vir sowat ʼn uur in die televisiekamer aangehou terwyl die mans die huis deursoek het vir waardevolle items.

Blignaut kon die mans se taal verstaan aangesien hy by die myn werk. Hy kon hoor hoe die mans vir mekaar sê dat hulle Izulda wil verkrag. Hy kon daarin slaag om hom los te wikkel en het in Afrikaans vir Izulda gesê om by die agterdeur uit te hardloop en hulp te ontbied by die bure by wie hulle hul huis huur.

Izulda het met haar hande steeds vasgebind buitentoe gehardloop. Blignaut het intussen ʼn kapmes wat hy teen sy muur as ʼn versiering gebruik, gegryp en agter ʼn muur in die kombuis die aanvallers, wat elders in die huis was, ingewag.

“Albei aanvallers het Izulda agternagesit. Blignaut het een van hulle met die kapmes in die gesig geslaan voordat hulle by die kombuisdeur uit is. Dié aanvaller het egter teruggekeer en vier skote, ten aanskoue van die kinders, op my seun geskiet. Hy is drie keer in die bolyf getref,” het Steyn  vertel.

Een van die verdagtes het glo ook op Izulda geskiet en haar op haar toon getref. Sy kon betyds by hul bure aankom waarna hulp ontbied is.

“Toe kry ek die oproep omstreeks 03:30. Braam het my gebel en gesê ‘Mamma, ek is baie lief vir jou, ek gaan dit nie maak nie, ek is geskiet en ek voel nie my bene nie’,” het ʼn emosionele Steyn gesê. Steyn en haar man, Andries, woon sowat 18 km van die Blignaut-egpaar af en het dadelik daarheen gejaag. “Ek was van my kop af. Ek het net heeltyd vir God gebid om my kind se lewe te spaar.”

Die aanvallers het intussen te voet van die toneel gevlug met twee selfone, R250, ʼn kamera en ʼn hangertjie wat Izulda se oorlede ma aan haar gegee het.

Blignaut is aanvanklik na die Brits-hospitaal geneem waarna hy oorgeplaas is na die George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa. Daar is bevind dat sy rugsenuwee afgeskiet is en dat Blignaut moontlik nooit weer sal kan loop nie. Sy toestand was teen Maandag stabiel.

“My kind se reg om ʼn pa en ʼn man te wees is weggevat vir R250 en twee selfone. Ek wil hê die hele wêreld moet bewus raak van wat in hierdie land aangaan,” het Steyn bygevoeg.

Om dié rede het Steyn ʼn Facebook-blad, “Farm Killings in South Africa”, begin en nooi almal om daarby aan te sluit.

Die Mooinooi-polisie ondersoek die voorval. Maroela Media het navraag by die polisie gedoen of daar enige vordering met die saak is en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Se maar net ·

Jy weet dit is die hoeveelste aanval. Wanneer gaan dit end kry. Mense word soos wilde diere gejag en vermoor, en die straf regverdig dit net nie. Is ‘n lewe in die land dan meer werd as ‘n verdomde selfoon???

Francois ·

Vir die kaders is ons minder as 10 sent werd. Hulle sal ons nog een dag doodmaak om te eet, as die kos opraak.

Bianca ·

En dit vir R250 en twee selfone .. Regtig hartseer .. GEEN MEER HOOP VIR HIERDIE LAND NIE .. Regtig …

Henry ·

En dan skiet jy die donkiekarre en Dan word jy weer vervolg. Zuma moet wakker word, mense bewapen jou self die SAPD gaan nie jou en jou vrou en kinders veilig hou nie. Dit is jou as die man se plug.

Dave ·

Yip, ek het dieselfde probleem wanneer iemand met dieselfde naam as myne skryf maar ‘n ander taal praat.

Rozanne ·

Hoeveel hartseer moet ñ mens in een leeftyd deermaak?ons familie nou in soveel pyn ek wonder of hulle weet watse letsels dit vir daai klein kindertjies gaan los!hoeveel pyn is sy vrou in om te weet haar man het so seer en sy kan niks doen nie!ons almal voel so magteloos!ons bid net en glo die Liewe Heer is elke minuut langs sy bed!niemand wil ooit so iets beleef nie!dit maak so ongelooflik seer!my broer jy is ñ held in almal se oë jy sou jou lewe gee om jou vrou en kindertjies te beskerm!ons is ongelooflik baie lief vir jou en weet jy is veilig op gepas want ons liewe Heer waak oor jou daar waar jy in so baie pyn lê!

Charmaine Grobler ·

Kon hulle nie maar net die sel fone en kontant gevat het en gevlug het nie. Is ‘n lewe net R250 en 2 selfone waarmee hulle in elkgeval niks mee kan doen nie, werd?
Braam se hele lewe is uitmekaar geruk, maar gelukkig weet ons God het ‘n plan met alles. Braam jy is ‘n oorwinnaar en is in staat tot enige iets deur Jesus se krag. Julle sal hierdeur kom…….en jy het een awesome getuienis wat jy gaan lewer.

Francois ·

Ek haat die land en die mense wat dit aan ander doen. Moenie vir my preek deur te se ek mag nie haat nie..ek haat met ‘n passie!

sue ·

Die ergste van alles is dat hulle nie die verdagtes gaan vaskeer nie. My seun was so n ruk terug in n gewapende rooftog en hulle het sy voertuig gesteel. Die volgende dag het hulle sy voertuig gekry. Sy klank en radio asook wiele was gesteel. Daar is nie eers vingerafdrukke geneem nie en tot op hede hoor mens niks verder van die saak nie. Wat het geword van n saak ordentlik ondersoek. Almal se vinger afdrukke id tog op rekord. As die polisie wil kan die gewapende rooftogtebeter ondersoek word. Daar is hopeloos te veel gewapende skelms daar buite. HOEKOM.

Winston ·

Dis met afgryse en haat dat ek alweer van so n sinnelose daad moet lees. Ek vra ook: Hoe lank nog?

Janet MOoinooi ·

Oz ook so aangehu in Palm st in Mooinooi niemand is erenstig beseer ni ma di trauma is iets vreeslik om te verwerk. Braam oz almal bid vi jule uit oz hart j is bja dapper gews Izulda j en kids sal mt gan vi berading asb

Phil Hair ·

Baie jammer oort wat gebeur het. Hoeveel meer kan ons as Suid Afrikaners verduur!

Pierre ·

Wat sal gebeur as ons blankes besluit dis nou genoeg? Wat sal die klomp lafhartige gemors dan doen?
Wag net, die dag kom nog, ek sien uit!

Delia ·

E van die lesers het voorgestel dat van die jong mense wat na skoolverlating nie werk kan kry nie, opgelei word as privaat veiligheidswagte vir die plaasboere en ou mense. Baie goeie opleiding is besikbaar en dit kan hulle selfstandig maak terwyl hulle ‘n baie goeie diens verrig.
Sy kommentaar sowel as myne daar op, het egter soos die mis voor die son van Maroela se gepubliseerde kommentaar af verdwyn. Het Maroela dalk ‘n verskuilde agenda teen voorstelle wat iets meer as net kla en “iets moet gedoen word” aan die hand doen? Is vir my maar bra sispisieus,

Dan ·

Julle vra hoe lank dit nog gaan aanhou? Dit gaan aanhou en nog erger word by die dag tot die slap Afrikaner terugkeer tot God, en dan iets aan hierdie misdade gaan doen. Elkeen is mos net vir homself – as ons geld kan maak en lekker lewe kan die wêreld maar vergaan. Sit voor die TV, aanbid die sport -en geldgode en het van ons God vergeet. Geld, plesier en sport is die god. Die motief vir hierdie aanvalle is nie roof nie. Indien dit so was, sou daar nie so baie aanvalle wees waar of niks gebuit word nie, of skamele buit geneem word soos in hierdie geval. Hierdie aanvalle word onder opdrag uitgevoer, maar die polities korrekte Afrikaner weier om dit te glo en bly voortleef in sy droomwêreld dat dit dalk eendag beter sal gaan. Daardie “simpel, verkrampte regses” wat voor die oorgawe al hierdie dinge voorspel en daarteen gewaarsku het, was toe sowaar nog die heeltyd reg, nê!

Mayday mayday ·

Ja, met daai leuse het hulle ook my man vermoor 22 jaar gelede.
Daar bestaan mense en diere en dan nog sulke Anner ……………….

CHRISTA ·

Dit was mos van die begin af die ANC se leuse: KILL THE BOER, KILL THE FARMER!!!

Frik ·

Pierre Snaaks dat jou kommentaar nog nie verwyder is nie Die gemors is mos altyd n pak (wildehonde) wat die swakste en weerlooste mense sal teiken Ons boere moet baie nagte ons huise verlaat om kos vir die land te produseer en nie een nag is jy jou lewe seker nie Ons slaap al met ons vuurwapens by ons vir ingeval jy oorval word Wat vir n lewe is dit ? Geen boer kan se hy is gevrywaar nie Die regeering van die dag kan ons nie meer beskerm nie daarom moet ons dit nou maar self doen KOM BOERE KOM ONS STAAN SAAM IN HIERDIE STRYD

kayvee ·

ELKE dag lees mens oor n plaasaanval. EN ELKE keer lees ek die kommentaar daarna waar mense se ‘genoeg is genoeg’ en ‘die dag sal kom dat ons moeg raak /optree’ en soort gelyk. Wat beteken dit? WANNEER optree?? Hoe optree?? Wanneer sal genoeg genoeg wees voor die groot ‘terug fight??? Nee dit is soos mens sal se n poep in die wind. Ek kan nie sien hoe dinge sal beter raak of mense sal (kan) terug fight. Dit raak net erger dag na dag. Sal graag wil hoor wanneer is hierdie ‘genoeg is genoeg’ n aksie. En hoe

Jan ·

Wat het die mense verwag toe hulle vir FW ja gestem het, n land van melk en heuning?

Chantelle ·

Goeie dag. Ek wil net sê daar is baie meer aanvalle en berowing in en om Mooinooi, Buffelsfontein ens. Ons het uit Mooinooi verhuis asgevolg van die ingebrake wat te veel is. Daar is daagliks inbrake in Mooinooi self, helder oor dag. Die dorp is vol met kriminele en dwelms. Daar was by ons ingebreek twee weke gelede en het tot en met vandag niks van polisie gehoor nie. Daai area is baie onveilig en gaan nog vererger. Die misdaad ruk hand uit

Jacques ·

Wat die artikel nie noem nie is dat die ambulans wat Braam kom haal het nie sy serenes aangesit het om hom hospitaal toe te vat nie en by elke verkeerslig gestop het.

Peet ·

Ek stem saam met Kayvee al wat jy hoor is, genoeg is genoeg, maar die mense wat die mag het om die aangeleentheid met die owerheid op te neem
bereik blykbaar niks Suid -Afrika sal nooit in der ewigheid weer deur witmense regeer word nie daarvoor het eierkop de Klerk en sy trawante gesorg. Ek voel baie jammer vir die mense wat deur plaas aanvalle gemartel, vermink en gedood word my seun is weens n aanval deur kriminele
van sy voertuig ontneem met n skerp voorwerp orals op sy lyf gesig en kop gesteek moes breinoperasie ondergaan vandag is hy n invalid hy kan nie
praat nie en is afhanklik van versorgers. Hy het alles verloor waarvoor hy gewerk het.

Tina ·

Dit raak net erger. Mens kan nie eers meer rustig buite sit en braai nie. Ek is so dik vir hierdie wetters dat ek elke dag sit en dink aan moord planne. Ek bid elke dag vir mense se veiligheid en my mense. Ek hoop en bid on hom eerste te betrap in my huis, hy gaan verseker weet dat Ek hom nie genooi het vir tee nie. Mag God sy hand hou oor Braam en dat hy sal genees.

Liza Putter ·

Baie sterkte Braam en Izulda en die Kinders. Ons Bid vir julle. Dit was nie God se wil nie maar Hy sal julle hierdeur dra.

Johannes Meintjes ·

Die uitdaaging voor ons is om van praat en frustrasie tot geloof in aksie te kom. Die Tien Gebooie dui op besitreg en dat moord, om te begeer ente steel sonde is. Elke fb en ander groepie help, – maar dit moet nou in ‘n naatlose en effektiewe buurtwag en plaaswag sisteem hervorm word. Die wie vrywillig en deeltyds admin kan doen moet dit doen. Die wie kan verken, optree en voorkom, moet dit doen. Almal moet paraat wees in alle moontlike opsigte. As als verkeer loop dan moet daar oud weermaglede met meer volhoubare en effektiewe optrede kan reageer. Ons onderlinge en wederstrewige versuim is nou die oorsaak van ons eie ondergang in SA se onbeheersde moordadige en volksmoord agendas.

Roy ·

Niemand wil betrokke wees nie. Ons kan nie saamstaan nie. Almal het dieselfde klagtes maar min mense doen iets daaromtrent. Ons het ‘n buurtwag in ons woonbuurt wat werk. Misdaad is baie laag teenoor ander woonbuurte , maar net 30% van die inwoners behoort daaraan. Die ander sê net dat die patrollie ry verby sy huis, hoekom moet hy aansluit, Mense glo maar net dat niks met hulle sal gebeur nie.

Fanie strauss ·

Ek is so keelvol vir wat in ons land gebeur.ek en my gesin was 9uur in die nag 7feb in ons huis aangehou.hulle was 3 gewapende wetters.ek was hulpeloos om my gesin te beskerm.mens kan nie eers meer buite braai of rustig verkeer nie.hulle is weg met als van waarde en my mercedes.niks is nog gevind of geen teken van hulle nie.die ergste van als is dat hierdie tiepe van ding gereeld in mooinooi noordwes en om mooinooi gebeur.wannneer gaan dit ophou? Mense wees op jul hoede! bewapen julself goed as moontlik.hou alles gesluit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.