Kovsie-student spring glo ná hy tragiese nuus hoor

Chrisna Botha en Morné van der Westhuizen. Foto: Facebook

Chrisna Botha en Morné van der Westhuizen. Foto: Facebook

Morné van der Westhuizen (19) het Maandag, etlike minute nadat hy slegte nuus oor sy vriendin, Chrisna Botha, in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic Bloemfontein ontvang het, na sy dood gespring.

Claudia Hanekom, ʼn vriendin van Van der Westhuizen en Botha, het Maandag aan Maroela Media gesê hulle is almal deur die voorval geskok. Hanekom was ʼn ooggetuie van die springdood en die laaste persoon wat saam met hom was.

Van der Westhuizen en Botha, was albei tweedejaar onderwysstudente aan die Universiteit van die Vrystaat en was ongeveer ʼn jaar lank in ʼn verhouding.

Chrisna Botha en Morné van der Westhuizen. Foto: Facebook

Chrisna Botha en Morné van der Westhuizen. Foto: Facebook

Na wat verneem word, is Botha Sondagaand breindood verklaar nadat sy Saterdag van haar perd afgeval het.

“Ons het Chrisna vroeër Sondag gaan besoek en is daarna Brandfort toe,” het Hanekom gesê. “Ons het vanoggend van Brandfort teruggery om haar weer te besoek.” Hulle is by die hospitaal ingelig dat Botha breindood verklaar is. “Ek dink die skok was vir hom te veel toe hy die nuus hoor,” het Hanekom bygevoeg. “Hy het uit die waaksaal gestorm. Ek was na hom op soek toe ek hom sien val het.”

Hanekom beskryf haar “blondekop, blou oog”-vriend as ʼn opgewekte persoon wat altyd gelukkig was. “Hy was ʼn great vriend. Hy het ons altyd laat lag en het baie vir sy medemens omgegee. Ons het glad nie só iets verwag nie.”

Chrisna by haar perd. Foto: Facebook

Chrisna by haar perd. Foto: Facebook

Amanda Appelgryn, die hospitaal se woordvoerder, het vroeër aan Maroela Media gesê Van der Westhuizen het omstreeks 11:30 van die sewende verdieping na sy dood in die voorportaal gespring. “Ons het traumaberaders op die toneel wat almal wat deur die voorval geraak is, bystaan. Hulle bied ook berading aan sy familie,” het sy gesê. Klik hier om meer te lees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie ·

Innige meegevoel aan beide famielies en ook vriende. Hoop en bid vir beide afgestowenisse se famielies. Ekself ry perd, dit bly ‘n dier (al is die perd hoe goed afgerig), moet nooit hul krag onderskat nie.

magdaleen van zyl ·

Innige simpatie aan beide families. Dis so tragies. Ek verstaan hoe Morne moes voel, sy wereld het in duie gestort, dan maak niks saak nie. Bid vir julle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.