Kovsies en Jansen vir miljoene gedagvaar

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die universiteit se rektor, prof. Jonathan Jansen, word vir meer as R6 miljoen gedagvaar.

AfriForum Jeug het sy regspan opdrag gegee het om voort te gaan met die dagvaarding namens Cobus Muller en Charl Blom in ʼn saak van laster en prosedurele onbillikheid.

Muller en Blom, oudstudente van die UV, eis skadevergoeding nadat hulle verlede jaar van poging tot moord aangekla is. Maroela Media het vroeër berig die twee studente het in Februarie 2014 byna ʼn swart medestudent met hul voertuig op die kampus raakgery.

Volgens AfriForum is die studente in dié tyd openlik as misdadigers gebrandmerk. Die hof én die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het hulle egter onskuldig bevind.

Muller en Blom eis R6,15 miljoen skadevergoeding wat verkwiste uitgawes en vertraagde toetrede tot die arbeidsmark, asook ʼn laster-eis insluit.

“Die boodskap wat ons namens die oudstudente uitstuur, is dat niemand onaantasbaar is nie. Te veel studenteleiers of mense in gesagsposisies dink hulle kan sê en doen wat hulle wil sonder nagevolge,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Die UV en prof. Jansen het vroeër ʼn brief aan AfriForum Jeug se regspan gestuur waarin hulle alle aanspreeklikheid ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

HEVW ·

R 6,15 miljoen is baie geld, maar die man lag nog steeds, want hy is n kader en die geldjies sal voorsien word. Die belastingbetaler sit weer met n trek van pyn op die gesig.

neelsie ·

Jansen praat uit twee monde.
Speel so reg in Anc se kraal.
Hoop die jong manne slaag met die eis.
Hy het nie tyd vir Afrikaner nie.

Eugene ·

Ek stem saam met die eis teen Jansen. Hy het verkeerd opgetree en die jong manne baie skade berokken.

Bruno Stef ·

Ek hoop van harte dat hulle die vloer met hom vryf maar let nou op hoe sy aandrang op n Engelstalige universiteit by Kovsies nou sterk momentum gaan kry.Die knaap is arrogant en boonop dikvellig en moet verkieslik eerder n skop onder sy JIS kry die studente se ouers betaal astronomiese bedrae vir hulle opvoeding sonder dat jy bevooroordeeld teenoor hulle hoef op te tree.

Henry ·

Dank aan Afriforum Jeug dat hulle die twee manne bystaan in hul stryd teen die UV en in besonder teen die ou wat homself reeds so hard en duidelik as ‘n verbete teenstander van die Afrikaner onderskei het.
Ek wonder of die ‘slim’ piete wat die ou se aanstelling destyds beplan en deurgevoer het, vandag nog so gelukkig is met hul PK (Politiek Korrekte) besetenheid.
Soos met die keuse van ‘n swak sportspan, is dit gewoonlik die spelers en hul tekortkominge wat aan die pen ry, terwyl die keurders wat die treurige spelers gekies het, skotvry van die tragedie af wegstap.
Foeitog ja…

Gerhard ·

Die professor sit homself hoog neer en gaan aan asof hy op meriete daar is. Hoogtyd dat iemand hom ‘n bietjie aarde toe bring.

zahn ·

Ek probeer dink hoeveel die man kon beteken het as akademikus as hy net die politieke janniejammergatgeit wou los. Hy het die kwalifikasies, brein, en alles, maar kan net nie ophou om homself jammer te kry en die blaam op alles wat wit is te probeer plaas nie. Hoe kan daar vorentoe beweeg word as die verlede so aanbid word? Nee wat oom Johnnie, jou jis kort ‘n lekker skop, en ek hoop van harte die twee manne se eis is suksesvol.

Landie ·

Ek hoop regtig dat hierdie 2 jongmanne reg gaan kom met hulle eis. Soos hulle sê, niemand is onaantasbaar nie. En as jy op hoorsê iemand wil oordeel, moet jy jouself maar gereedmaak vir groot moeilikheid.

Sune van Heerden ·

Dagsê Hannelie

Die fout het ongesiens verbygegaan!
Baie dankie, ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné

Piet Snot ·

Suné, ek het ‘n voorstel: wil julle nie die pleitstukke op Maroela publiseer nie? Net die belangrikste, soos die Dagvaarding en die Verweerskrif. Dis mos openbare dokumente.
Dan kan ons vir onsself sien wat die prof in sy eie verdediging te sê het.

Christie Joubert ·

Mooi so Afriforum en die twee jong manne. Trap vir hom ordentlik vas. So laat n boerseun nie met hom foeter nie!

chris ·

As daar ooit so iets soos ‘n rassis was en is ,is die man ‘n goeie voorbeeld met sy gryns’lag en al.

Winston ·

Hoop van harte dat hierdie eis slaag. Dit sal voorwaar n treffer wees. Maar ai…..die bewegende teikens. Taxi beurt. Klim kaal in en klim uit met tas vol geld uit. En wie betaal?

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

Just an honest question to the editor in chief why do they always have to remove comments that, honest, fair, just and very objective and without any racially biased connotations from their site. Why?

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

I have however made a comment on these young men V Professor Jansen and other. An objective and a very fair and just one that with all due respect that these people are all subjective whenever they are for a fact opening up their mouths. All of them as always “negatively entertaining” each other instead of being factual. Being too judgmental without any basis. It is, up to our courts of law and, I am saying this once more to hand down judgments that are based on facts and on the merits of each case without jumping the gun in matters that are sub judice. What is, so mind-boggling that the baseless and insignificant opinions of “some that however not think logically are being kept on their site. Makes me wonderful.

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

You could be wishing for a success until you will be turning dark blue in the face each case has its own facts, merits, and objective approach without being so…so subjective like most of you. Our judicial system in this, regard functions on the prinicipal of whether there has been a “balance of probability” and not personal wishes and racial prejudices. Do you all understand this.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.