Liggaam in kanaal naby Potch gekry

Die polisie en paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

Die polisie en paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Liggaam van ʼn man is Maandag in ʼn waterkanaal naby Potchefstroom in Noordwes gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn voetganger het die man se liggaam in die kanaal langs die R53-pad sien dryf en die polisie ontbied.

“Die polisie het die man se liggaam uit die water verwyder. Hy was al ʼn geruime tyd dood en daar kon dus niks vir hom gedoen word nie,” het Meiring gesê.

Die oorsaak van die man se dood is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.