Lucky Montana dien bedrogklagte in

Foto: @POWER987News/Twitter

Foto: @POWER987News/Twitter

Lucky Montana, voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), het aanklagte van bedrog teen twee van Prasa se bestuurders en ʼn raadslid gelê.

Montana het ook aanklagte van bedrog teen die twee direkteurs van ʼn private veiligheidsmaatskappy aanhangig gemaak by die Hillbrow-polisiestasie.

Montana voer aan dat die veiligheidsmaatskappy, wat bande het met Prasa, die staatsentiteit glo uit sowat R100 miljoen bedrieg het. “Ek weet van die korrupsie. Ek het die bewyse en die eerlike ding was om dit by die polisie aan te gee.”

Montana is twee weke terug in die pad gesteek te midde van berigte oor onenigheid tussen hom en Prasa-raadslede. Hy sou aanvanklik in Desember die maatskappy verlaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Marx ·

Ek het nog altyd gewonder hoe hierdie individue sonder die regte kwalifikasies in poste aangestel word, en dan daar gehou of her-ontplooi word indien hulle uitgevang word. Nou is dit duidelik…”Ek weet van die korrupsie wat gepleeg is…en omdat ek afgedank is, gaan ek nou die hele spul openbaar maak…” Met ander woorde….”as julle my gehou het waar ek was, en ek my Doktorsgraag salaris en byvoordele ontvang het (sonder dat ek eintlik my tegniese diploma geslaag het)….dan kon julle ook julle R100 miljoen hou….maar nou ja, julle wou nie luister nie…”

scalla ·

Ek verstaan op tv popo molefe is nou n doktor, van wanneer en waar af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.