Man in burka skiet glo homself in Kaapstad-stasie

Polisiebeamptes op die toneel by Kaapstad-treinstasie op 13 Oktober 2015 (Skermskoot uit EWN se video oor die voorval)

Polisiebeamptes op die toneel by Kaapstad-treinstasie op 13 Oktober 2015 (Skermskoot uit EWN se video oor die voorval)

ʼn Man is Dinsdag by die Kaapstad-treinstasie dood nadat hy glo homself geskiet het.

“Die omstandighede rondom die dood van ʼn onbekende man word ondersoek,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. Die man het glo homself omstreeks 12:00 by perron 24 doodgeskiet. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

“Ons het rede om te glo dat die man, wat homself doodgeskiet het, een van twee mans was wat voor die voorval verdag opgetree het,” het die polisie bygevoeg. “Ons sal egter nie oor die saak bespiegel tot ons ondersoek meer gevorderd is nie.”

Volgens verskeie mediaberigte, insluitend Eyewitness News, het ooggetuies gesê die twee mans was in vroulike Moslem-klere geklee en hulle het in die rigting van die stasie gehardloop voor die skietery.

Ooggetuies het aan EWN gesê die man het eers op ander pendelaars geskiet en het homself geskiet toe Prasa-veiligheidswagte hom wou aankeer.

Die ingang na die stasiegebou in Marine-rylaan was Dinsdag vir die publiek gesluit terwyl die polisie op die toneel was, maar Metrorail het op Twitter bevestig treine word nie deur die voorval geraak nie. “Reis veilig,” het die maatskappy gesê.

Sommige gebruikers op sosiale media het hul kommer uitgespreek oor die skietery en van die pendelaars het hul veiligheid bevraagteken. PJ Botha, ʼn inwoner, het op Twitter geskryf: “Man skiet homself vandag om etenstyd nadat hy probeer om ander saam met hom uit te haal. Wat doen julle om ons veiligheid te verseker#Metrorail#Capetown?”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Winston ·

Het nog altyd gewonder hoe lyk hulle “camo”. Nou weet ek.

christine ·

Weet lankal hulle hou hulle vroue in daardie klere het niks met geloof te doen nie,sodat hulle mans daaragter kan wegkruip. Soos Bin Laden

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.