Man in kop geskiet tydens inbraak

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in die Vrystaat is op soek na twee verdagtes wat glo ʼn 28-jarige man doodgeskiet het en ʼn 81-jarige vrou in Wepener geskiet en gewond het.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het die man en vrou omstreeks 19:30 Dinsdagaand in hul huis oorval. Die verdagtes, wat balaklawas en bruin leerbaadjies aangehad het, het die huis glo deur ʼn oop deur binnegekom voor hulle op die man en vrou losgebrand het.

Volgens Ngcukana is die man in die kop geskiet en is hy op die toneel dood. Die vrou is in die skouer geskiet en is na die Pelonomi-hospitaal geneem vir behandeling. “Ongeveer sewe magasyne is op die toneel gevind en deur die polisie op beslag gelê.”

Die polisie ondersoek die saak. Enigiemand met inligting kan die Wepener-polisie kontak by 051 583 5219.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

magda ·

dit is verskriklik. dankie Maroela dat julle alles met ons deel. Ek wens so al my vriende en familie wil ook julle nuus lees. Hulle lewe in n droom wêreld weet nie wat aangaan in ons land nie. die goed het ook een nag in my Huis ingekom maar gelukkig het ons nie wakker geword nie. hulle het my kar en scooter gevat sonder om in die kamers te kom. dank die Vader

andre de kegel ·

wat ons denk als julle die moordenaars kan vat julle moet een ding doen die doodstraf invoer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.