Man sterf in botsing toe motor langs pad vasval

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Man is Sondagaand dood nadat ʼn swaargoederevoertuig teen sy motor gebots het wat langs die pad gestaan het nadat dit in modder vasgeval het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 22:00 op die N8 ongeveer 30km buite Bloemfontein plaasgevind. Botha het gesê wrakstukke het oor die pad gesaai gelê toe paramedici by die toneel opgedaag.

Daar was glo drie mense in die motor, waarvan een op die toneel dood is. Die ander twee insittendes het ernstige beserings opgedoen, het Botha gesê.

“Weens padwerke op daardie gedeelte, vernou die pad van ʼn dubbelbaan na ʼn enkelbaan. Die twee beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn hospitaal in Bloemfontein geneem is.”

Volgens Botha is die bestuurder van die swaargoederevoertuig nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Die motor staan LANGS die pad en die vragmotor gaan ‘haal’ hom daar? Seker ook parkeerligte aan? Seker ook verkeers-/padwerke tekens? Hier is iets baie snaaks.

Arie Plaasboer ·

Peet, onvolledig inligting word hier verskaf om regtig `n uitspraak te kan maak, MAAR ek is geneig om met jou saam te stem daar hier iets baie snaaks is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.