Man vas oor perlemoen

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in die Wes-Kaap hegtenis geneem nadat polisiebeamptes glo perlemoen met ʼn waarde van meer as R500 000 in sy motor gevind het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het omstreeks 02:45 Vrydagoggend inligting ontvang oor ʼn verdagte motor. Polisiebeamptes het die inligting opgevolg en die motor op die R406 naby Caledon gewaar.

Volgens Van Wyk het hulle die motor van die pad getrek, deursoek en die perlemoen gevind. Die 43-jarige bestuurder van die motor is in hegtenis geneem en die motor is geskut. Die verdagte sal Maandag in die Caledon-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.