Meer as 9 000 vas oor xenofobiese geweld

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Die Suid-Afrikaanse polisie het 9 098 persone in hegtenis geneem in verband met ʼn verskeidenheid van misdade wat onlangs tydens ʼn vlaag van xenofobiese geweld gepleeg is.

Uitlanders vorm ʼn deel van die persone wat tydens Operasie Fiela in hegtenis geneem is, het Nathi Nhleko, minister van polisie, tydens ʼn sessie in die parlement gesê. Nhleko het nie bekend gemaak waar die persone aangehou word of die besonderhede van enige gevolglike regsprosesse vrygestel nie.

Die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het in April met Operasie Fiela begin ná ʼn nuwe vlaag xenofobiese geweld waartydens sewe persone dood is en duisende uitlanders haweloos gelaat is.

Die veldtog duur steeds voort. Die opposisie plaas druk op die regering om te bepaal waar die gevangenes aangehou word. Die kwessie van repatriasie en deportasie word bevraagteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.