Motorfietsryer by saamtrek doodgesteek

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn Motorfietsryer is glo Saterdag  by  ʼn motorfietssaamtrek buite Polokwane in Limpopo deur ʼn ander motorfietsryer doodgesteek.

Kapt. Mohlaka Mashiane, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê daar word beweer dat een van die motorfietsryers die ander probeer belet het om te ry omdat die man glo onder die invloed van alkohol was.

“ʼn Bakleiery het na bewering uitgebreek en een van die mans het die ander glo met ʼn mes in die bors gesteek. Die slagoffer is op die toneel dood,” het Mashiane gesê.

Die 43-jarige verdagte is kort daarna in hegtenis geneem op aanklagte van moord. Sy naam kan bekend gemaak word ná sy eerste verskyning in die Polokwane-landdroshof.

Die slagoffer se naam word weerhou totdat hy uitgeken  is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Rieks ·

Wat het dit met enige iets uit te waai?! Ek weet nie hoekom daar altyd rasse klasse ingegooi moet word nie?
Hy is deel van die saamtrek gewees… ongeag die kleur – hy is oorlede…

Paula ·

Na wie verwys jy as jy sê hulle? Rerigwaar…………………. soos ek reeds gesê het, in alles in die lewe is daar goed of sleg. So die hulle waarna jy so verwys het ook goed en sleg. Tyd om by te kom!!!

Peet Schabort ·

Dis nou glad nie mooi nie sou daar wel drank betrokke by wees. Jy probeer ‘n man se lewe red en hy maak jou dood.
Inteendeel sou daar nog ander padgebruikers wees wat ook hul lewens kon verloor.
Kom ons kyk of daar ‘n lessie te leer is hieruit.
Sterkte aan vriende en fam. vir ‘n man wat sy plig wou doen en dan met sy lewe boet. Maak net nie sin.

Gideon ·

Dit lyk vir my tog of my pa reg was- bikers met hulle tatoeërmerke en vuil toutjies hare is skuim van die aarde

Chris ·

Gideon, ek is nie n biker nie maar ek verseker jou, hulle is nie die skuim vand ie aarde nie. Die teendeel is eerder waar. n Dame wat saam met my gewerk het se man was n biker en het verongeluk. Die bikers het hom begrawe (alles kostes gedra) en vir sy vrou vir omtrent 6 maande gesorg tot sy finansieel reg was om op haar eie te kon aangaan. Ek het groot respek vir hulle gekry. Mens kan nie na een insident alle bikers as die skuim van die aarde klassifiseer nie.

Deon ·

Gideon ek my hele lewe ‘n biker. Tragies dat iemand hier moes sterf. Vir die tatoeer en toutjie hare, moenie mense op voorkoms oordeel nie.. jy is mos darem ‘n individu wat vir jouself kan oordeel. Doen moeite en praat met daai “chuppie” man , net miskien verbaas hy jou

RIA BOOYSEN ·

Gideon ek is n biker – het jy al een sondag in jou kar geklim en kos vir ‘n kinderhuis gevat – komberse gevat vir die wat koud kry = ouetehuis besoek en glimlaggies gekry gesorg dat elke kind kersfees ‘n geskenk kry wat dit nie kan bekostig nie. moenie bikers onder een kam skeer nie pel – hulle doen meer as jy hoor en jou pa.

Mattewis ·

Gideon, ek neem aan jy het geen “tattoos” nie en jy het mooi skoon reguit haartjies, netjies gekam nes jou liewe pappie jou geleer het om te lyk. Waar jou pa egter hopeloos gefaal het – hy het jou nooit geleer om nie so ‘n fariseër te wees nie. Jy klink tog SO baie na die ou mannetjie wat gesë het: “Dankie Vader, dat ek nie soos een van hulle is nie.” Soos die Engelse se: “Put that in your pipe and smoke it.”

Fire ·

Jy het weereens geen idee waarvan jy praat nie, Gideon. Gaan lees bietjie op oor bikers en jy sal sien daar is baie meer goed as sleg. Moenie jou vas staar aan die uiterlike van die bikers nie (ek’s seker jy”s ook glad nie ‘n oil painting nie!) Hoeveel het jy al vir jou medemens gedoen? Vir vreemde mense? Vir organisasies? Seker nog nie eers R1 vir ‘n behoeftige gegee nie, ek’s seker…..Dood in die biker community, raak ons almal…ons bikers is familie en staan bymekaar, meer as wat ek van baie organisasies en groepe kan se….

Paula ·

Hoe kan jy so n stelling maak? Dalk moet jy gaan leer dat in alle dinge in die lewe goed en sleg is, en dit geld vir als. Hou op om te “steroptype”

Marietjie Naude ·

Die berig het paar foute. Ek reel die begrafnis, dis blanke persoon en hy is in sy vroee 30s. Dis vriend van ons en die persoon was hom gesteek het met mes is we’ll 42. Die oorledene is regtig nie skuim nie. Hu is oulike mens en drink nes enige iemand ook drankie. Ek weet wat gebeur het en dis nie heeltemal sy skuld Gewees nie, hy is nie bakleier en een vriend het hom we’ll oorreed om ‘n kamer te kry en te gan slaap toe die insident gebeur het. Maak nie saak wat het gebeur, da is biker brotherhood en mense is veronderstel om saam te staan xxx

jaco ·

Gideon ek is vanself ‘n biker as jy sulke snert wil praat kom sê dit vir my in my gevreet moenie goed kwyt raak as jy ons nie ken nie. ons doen meer vir charities as wat enige ander mense doen.

Piet Pompies ·

Of jy nou ‘n biker is of nie, as jy te veel gooi en jouself nie kan beheer, is jy nie man, maar ‘n muis. Hoera vir bikers en tattoos

Wilna Liebenberg ·

Elkeen wat nou weer so maklik kan oordeel oor wie en wat n biker is , wil ek vandag vra het jy jouself al die moeite gedoen om kennis te maak met die biker met sy lang hare en tatoo of enige ander biker? Ek kan vandag se ek ken n hele paar bikers wat ek baie respek voor het. En dan wonder ek of jul n idee het wat doen hierdie bikers vir die gemeenskap. Was jy al da as da n rally is by ouetehuis en die oumensies lewe vir n dag want hierdie selfde biker met sy lang hare en tatoo bring die dag saam hul deur en maak dit moontlik dat hul n gemakliker lewe kan he agv n afdak wat hul dalk kan opsit of plaveisel kan gele word wa hul makliker kan begweeg. Wanneer iemand nood het staan hul saam en help. So kom ons dink mooi voor jy weer iemand op sy voorkoms oordeel of omrede hul bikers is. En terloops ek ken net so baie mense wat elke dag van hul lewe so erg drink en soos varke gedra ma sondag moet hul in kerk wees. So doen moeite en gaan maak kennis met die bikers!!!

Eliza-beth ·

Leef en laat leef. Ek ken slegte “gewone” mense en weet van “slegte” bikers, maar mens moet maar nie almal oor een kam skeer nie. Ek stem met Peet Schabort en na aanleiding van wat Marietjie Naude geskryf het was daar wel drank betrokke – SO. As mens drink moet jy dink – dis al wat ek kan sê. Een drankie doen niks aan een persoon, een drankie maak ‘n ander aggressief. Jammer dat die wat agterbly moet swaarkry as gevolg van sulke dinge…

Michiel ·

Ek lees hierdie en wonder hoekom moet mense altyd skree. En hoekom word party mense beskuldig van aannames as hulle dit nie maak nie? Dan ook is daar klaarblyklik verskillende berigte so hoe verwag die naasbestaandes/vriende moet mens dan reageer as jy lees wat in die media verskyn? Ek stem mense moet nou net bedaar.

Debbie1976 ·

Goeie Middag almal – As ‘n familie lid van die oorledene wil ek graag net die volgende sê:
GEEN MENS HET DIE REG OM ‘N ANDER MENS SE LEWE TE NEEM NIE
of daar nou drank, “bikes” of wat ookal betrokke was…………..
Sterkte vir een en almal wat hom geken het, ook sterkte aan sy vrou en kids. My dogtertjie van 11 jaar oud het gedink hy is die coolste oom op planeet aarde. Altyd gesorg dat sy nie “suip” (verdrink) as sy swem nie, altyd “lifts” gegee op fietse, altyd alles ‘n “adventure” gemaak. We can not all be perfect but hey, you were very close ;-)

Elmarie ·

Mense oordeel te maklik Ons bikers is soos n Familie ons huil saam almal wat stetf ons dra mekaar deur dik en dun Ons dra almal se belange om veilig te ry en nie te ry as jy teveel gedrink het nie oor ons snaaks is maar oor ons omgee en tak hare en gom gatte is ons nie Ons geniet elke by eenkoms dis ons passie ons help wa da nood is ons verloor elke dag n biker of 2 op ons paaie oor mense nie omgee hulle dink ons kry nie seer julle wat ons nie kn verdra kom loop n jaar lank die biker pad saam ons dan kyk ons of julle soveel omgee vir mense het soos ons BIKERS moet ons nie oordeel nie

Martin ·

Nou wie gaan nou iets sê oor die ou met die mes. Was hy ook ‘n Biker? Hoe sê hulle, “Een vrot Tamatie maak die hele kas sleg”. Verstaan my rêg, ek sê nie Bikers is sleg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.