Motorfietsryer sterf in Tzaneen-ongeluk

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn Motorfietsryer is Vrydag op die R36 Lydenburg-pad, ongeveer 7 km buite Tzaneen in Limpopo, oorlede in ʼn ongeluk.

“Die man het ʼn paar meter van sy motorfiets af gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hy het verskeie beserings opgedoen. Paramedici kon ongelukkig niks vir hom doen nie.” Hy is op die toneel dood verklaar.

Die motorfiets en ʼn motor het mekaar getref. Die motoris is vir geringe beserings behandel en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.