Motoriste op pad na Krugerwildtuin gewaarsku

'n Gedeelte van die pad wat versper is. Foto: @EdwardthembaSA / Twitter

‘n Gedeelte van die pad wat versper is. Foto: @EdwardthembaSA / Twitter

Die Mpumalanga-polisie het Vrydag ʼn beroep op motoriste gedoen om versigtig te wees op die pad tussen Hazyview en die Krugerwildtuin.

Pretoria FM berig ʼn gespanne toestand heers in die omgewing nadat inwoners, wat glo oor dienslewering betoog, die pad na die Krugerhek afgesper het. Dagbesoekers na die wildtuin is verplig om terug te draai.

Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het toeriste gevra om alternatiewe roetes na die Krugerwildtuin te gebruik. Hy het gesê die polisie monitor die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Andre ·

Tog interessant. Ons lees feitlik daagliks van betogings oor gebrekkige dienslewering. Te oordeel aan die felheid van sommige betogings. Die mense is dus ERG ontevrede. MAAR….keer op keer word die oorsaak van die febrekkige dienslewering deur dieselfde ontevredenes by die stembus teruggeplaas in die beheer-posisie.
Is daar ‘n naam vir hierdie veskynsel…..?

Bart ·

Hierdie georganiseerde siviele oorlog wat net groter gaan uitkring.

Frans ·

‘n Soort van stamlojaliteit.As die ‘hoofmanne’ eers verkies is word van jou verwag om jou agter hul doen en late te skaar om hul doelwitte te bereik anders word jy as afvallig en onpatrioties beshou.

Antonie willem van den berg ·

Nes die NP geen verskil in die mentaliteit of die doelwitte nie. JUST A DARKER SHADE OF CORRUPT

Jaco ·

Waaron ander gehoorsame burgers en gaste vd land verontrief en nie die wat daarvoor verantwoordelik is onder huisares met betoging nie? Omsingel die verantwoordelikes en verontrief hulle. Hoe onnosel is die betogings tog!

EMK ·

Elke keer moet die onskuldiges daaronder ly – gaan na jou verbrandste regeringskantore en gaan gooi daar klippe.

Jimmy ·

Kry Paul Kruger nou die skuld , dit is openbare paaie ??. Waarom moet dag besoekers omdraai het die regering nie meer die vermoe om rus , orde en vrede te handhaaf nie . Seker te besig om hulle selfhelp geld te tel , en rond te rits in die buiteland . Dit stuur af op een groot onhanteerbare gemors as wat dit nou reeds is .

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is nie net dagbesoekers wat daaronder ly nie ,wat van die mense wat soontoe ry vir vakansie insluitende buitelandse besoekers. Die oplossing is absolute ferme optrede teen hierdie klomp industiele terroriste want hulle verwoes ons land op elke denkbare manier.

Jacques ·

Laaste wat ek gekyk het, was dit onwettig om ‘n obstruksie op ‘n nasionale pad te veroorsaak.
Hoe moeilik kan dit dan wees om ‘n handvol onwettige betogers te arresteer? Of gaan hulle menseregte aangetas word as ons durf om die situasie op die regte manier aan te spreek? Nou moet toeriste daaronder ly! Absoluut verregaande!

pop ·

Nou hoor ons op die nuus die getalle toeriste van oorsee het so afgeneem oor die visa maatreels. Dis Bollie, die mense sien mos oorsee hoe gaan dit in die land. HULLE IS BANG !!!En nou met die misdaad statistiek glo ek nie mense wil eers op die oop see hier verby vaar nie, wat nog te se vakansie kom hou.

jenique ·

Weet iemand dalk tot waneer hulle daar gaan wees ons ry volgende sondag hazyview toe met honeymoon.Dankie*

Vissie Visser ·

Ek het my bespreking gekanseleer as gevolg van hierdie wetteloosheid.

Theresa ·

Ook weer net hier in SA waar mens moeite moet doen om onder die voete van misdadigers en skoorsoekers te bly. Basta! Sleep hul uit die pad – of skiet hul met iets wat hul vir dae lank van die paaie af hou, waar ordentlike inwoners van die land wat belasting vir als betaal wat hul kan gebruik, sonder moeite kan voortbeweeg.
Dis tyd dat die springende massas gestuit word. Jaag sommer my bloeddruk op.

Theresa ·

Iets fout met my kommentaar – dis nie geplaas nie? (nie dié een nie) my een van so 2 minute gelede??

Marelize ·

Die polisie doen ‘n beroep op die publiek….

Ekskuus?

Wat is nou weer die taak en doel van ‘n polisiemag?
Iets in die lyn van wetteloosheid vas te vat, wette toe te pas, teen wetsoortreders op te tree en indien nodig te arresteer… G’n om die publiek te vra om maar liewer jou duur vakansie of wittebrood te kanselleer nie!

Theuns Pretorius ·

So die wets gehoorsame burger het minder regte as die vandalis
Ek kannie glo dat my mense reg so aangetas kan word en ek dan versoek word om ander paaie te gebruik nie ,dit is totaal en al onaanvaarbaar………..Indien jy wil betoog of wat ookal dan moet jy dit doen waaar jy my nie kan pla nie ,dit raak n ratjie wat gaan strip

Adele ·

“Tipies”!!!! Dis al wat ek sal sê…
Tipies van die betogers!
Tipies van ons sg. Wetstoepassers….
Tipies van ons wettelose land!
Dis nie eens nodig om aan te gaan nie…
Hulle is net so verduiwelsv’tipies’!!

Arie plaasbroer ·

Wanneer gaan ons begin aanvaar dat die owerhede van die dag op GEEN MANIER van plan is om hul grondwetlike pligte (beskerming van die land se inwoners) gaan nakom.
Dit is tyd dat aanvaar word dat die owerhede van die dag hul plig skandel versaak en die land bestuur het totdat dit gedaal het tot die vlak wat gevind word in agterlike DERDE WERELD lande.
Dit is ongelukkig die beste waartoe hulle, weens hul kultuur, toe in staat is.
Baie van ons is geneig om die EERST WERELD se kultuur te wil uitleef – DIT werk nie meer in die RSA nie

Marcél de Villiers ·

Ja dienslewerings probleme is regtig erg by baie dorpe. Dink net hoe erg moet dit wees om feitlik elke week ñ dag of 3 nie water te hê nie!!!!! Soos ons buurdorp! Ons hier in Middelburg het so 3 of 4 jaar terug ook vir ñ halfdag nie water gehad nie. Dit was op ñ oukersdag (26 Des) ñ pyp het so 8vm gebars. 9vm stop bussie met arbeid e slootgrawer e net na2 is als weer 100% Ons het GEEN slaggate in ons dorp!!! Ons prys die Here vir Middelburg Mpumalanga se munisipaliteit!!!!

Charlene ·

Ai hier by ons as dit nie sonder krag is nie dan is dit die water oor naweke wat nie gepomp word nie dan sit ons sonder water. Dan is die kontak persoon se sel af en ons sit tot die Maandag sonder water. Voor 1994 het ons nie probleme gehad met krag of water nie. Lekker in SA .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.