Motsoeneng se aanstelling wás onwettig

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Vrydag die aanstelling van die SAUK se omstrede bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, ter syde gestel.

Regter Dennis Davis het gesê die aanstelling was “onwettig en irrasioneel.” Davis het in sy uitspraak gesê ondanks Faith Muthambi, minister van kommunikasie, se “duidelike voorkeur” vir Motsoeneng, het haar besluit om hom verlede jaar permanent aan te stel “ingedruis teen wettigheid”.

Die beslissing kom nadat die appèlhof in Oktober gelas het Motsoeneng moet vir 60 dae geskors word terwyl ʼn tugverhoor vir sy beweerde oortredings gehou word.

Die uitgerekte regsgeveg oor Motsoeneng het begin toe die Demokratiese Alliansie (DA) hof toe gegaan het nadat adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se aanbevelings nie nagevolg is nie. Madonsela het onder meer vroeër bevind Motsoeneng se aanstelling was onregmatig en hy het buitensporige salarisverhogings ontvang en oor sy kwalifikasies gelieg.

Motsoeneng is sedert verlede maand vrywillig met verlof terwyl ʼn dissiplinêre verhoor teen hom voortduur. Hy is verlede jaar permanent aangestel as die uitvoerende bedryfsbeampte ondanks talle bevindings teen hom.

In September is bekend gemaak dat Motsoeneng se salaris die afgelope jaar met nagenoeg ʼn miljoen rand gestyg het. Volgens die SAUK se jaarverslag, wat in die parlement ter tafel gelê is, het Motsoeneng se salaris die afgelope finansiële jaar gestyg van R2 872 000 tot R3 784 000. Dit sluit ʼn bonus van R279 000 in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wil weet ·

Nou wanneer betaal ons die onregmatigeheid terug en die selaris wat ons ontvang terwyl ons by die huis sit. Daar is gewoonlik geen nagevolge van al hierdie “onregmatige” aanstellings nie. Hulle kan op hulle louere rus met geen verantwoording en nog salaris verdien? Al die wanbesteeding moet dierek van die se selarisse af kom wat hierdie ondeursigtige aanstellings doen. As daar nie direkte gevolge vir hierdie praktyke is nie sal dit nie einde kry in hierdie land waar al die witboortjie bedrog die norm is nie.

Griki ·

Ek hoop Motsoeneng en Faith Muthambi word gesamentlik verplig om die vermorste geld terug te betaal.

Jacques ·

Die kêrel se beleid is om net goeie nuus te versprei. Die is goeie nuus en mag versprei word

Rynhardt ·

Die SAUK het dit duidelik gemaak dat hy Motsoeneng ondersteun, dit is n man wat amper R4000miljoen kry en wat 3 huise besit van miljoene rande.Groot vrae hang oor Motsoeneng se kwalifikasies.Die SAUK het lankal alle geloofwaardigheid verloor.Hoe kan die SAUK onafhanklik funksioneer as hy as uitsaaikooperasie deur die Anc gefinansier word?

AH ·

Rynhardt dit van die dag dat dit nie meer SAUK is nie maar wel SABC

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.