Munisipale beampte vermoor glo vrou, brand lyk

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Hoëprofiel munisipale amptenaar in Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou vermoor het en haar liggaam op ʼn stortingsterrein in Winburg aan die brand gesteek het.

“Daar word beweer dat die 33-jarige man Vrydag sy vrou vermoor het by hulle huis in Langenhovenpark in Bloemfontein. Hy het toe glo met die lyk na sy ouers se huis in Winburg gery waar hy die lyk vir die naweek gehou het,” het Ian Gaobepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Gaobepe het die verdagte glo Sondagoggend na ʼn stortingsterrein gery waar hy sy vrou se liggaam aan die brand gesteek het. “Mense wat in die omgewing woon het verdag geraak en gesien dis ʼn menslike liggaam wat aan die brand gesteek het.”

Die polisie is ontbied en het hulle na die stortingsterrein gehaas waar hulle bevestig het dat die gebrande oorskot dié van ʼn mens is. “Die man en sy voertuig is deur middel van kringtelevisiebeeldmateriaal geïdentifiseer waar hy brandstof by ʼn nabygeleë vulstasie gekoop het.”

Volgens Gaobepe is die man ure hierna by ʼn huis in Makeleketla in hegtenis geneem. Die verdagte sal Woensdag in die Winburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Marx ·

Maak nie saak hoe “hoog” jou profiel is nie, ‘n gedeelte van die land se bevolking dink nog steeds die beste manier om van enige situasie ontslae te raak…..is met vuur. Ek het onlangs ‘n gesprek met ‘n groep squatters gehad….en gevra hoekom hulle nie iemand van ‘n ander politieke party kans gee om te kyk of hulle beter kan doen as net die leë beloftes van die A&C nie? “No. We’ll keep voting for the A&C….and if they don’t deliver, we’ll BURN them!!!”

Martin ·

Johan, ek werk vir een van die groot maatskappye in die land. Van die top manne het al gesê,
bonusse sal ons kry al brand ons die land af. Nee wat, ons het nog ‘n lang pad voor ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.