NW-polisie soek groep plaasaanvallers

Argieffoto: SAPS

Argieffoto: SAPS

Die Mooinooi-polisie in Noordwes het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn groep van sewe verdagtes wat die naweek op ʼn plaas in die gebied toegeslaan het.

Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die verdagtes het omstreeks 01:00 toegang tot die perseel gekry en twee plaaswerkers in hul kamers oorweldig en met gewere aangehou.

“Die twee werkers is met toue vasgebind terwyl die aanvallers hul huis geplunder en verskeie elektroniese ware gebuit het,” het Ramaloko gesê.

Die verdagtes is daarna na die plaaseienaar, wat tydens die voorval nie by die huis was nie, se huis waar hulle ingebreek het. “Hulle het te voet met ʼn kluis, elektriese ware, ʼn aansienlike bedrag geld en ʼn vuurwapen van die toneel gevlug.”

Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om enige inligting te verskaf wat die polisie met hul ondersoek kan bystaan. Bel die Mooinooi-polisie by 014 574 3222.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Se Maar Net ·

Begin sommer daar op die plaas. Die spore is gewoonlik duidelik.

Peet Schabort ·

Die vuurwapen waarmee hulle gevlug het gaan nogal ‘n probleempie wees.

boer ·

Dank die Vader, hy was nie by die huis nie,anders het ons dalk weereens n moord berig
in die koerant gelees.

JJ ·

Daar is sooooo baie plakkerskampe in die omgewing, en met vandag se polisie, STERKTE!!!!

Dedrd ·

3 manne het my ouers op Boshoek aangdval in April. Ons het tot fotos van hulle. Die polisie het nog niks gedoen nie.,.

Swanna ·

Jammer om dit te noem. Maar nou dat die werkers aan geval is , is daar ‘n GROOT skaalse soektog van stappel gestuur. In die geval van Dedrd is daar niks gedoen nie. Wat se dit vir ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.