‘Ons is keelvol vir misdaad’, sê boere ná moord op medeboer

Die hof op Laingsburg sit vol boere wat die hofverskyning van die verdagtes in die moord op Danie van Wyk van die plaas Viskuil bygewoon het. Foto: Lukas Botes/Verskaf

Die hof op Laingsburg sit vol boere wat die hofverskyning van die verdagtes in die moord op Danie van Wyk van die plaas Viskuil bygewoon het. Foto: Lukas Botes/Verskaf

ʼn Klompie boere uit die Laingsburg-omgewing het Woensdagoggend by die landdroshof op die dorp byeengekom tydens die hofverskyning van twee mans wat aangekla word van die moord op ʼn medeboer.

Elroy Plaatjies (36) en Petrus Stuurman (26) staan tereg op die moord op Danie van Wyk (57) van die plaas Viskuil sowat 8 km buite die dorp. Hulle het vlugtig in die hof verskyn.

“Ons is hier om ons misnoeë te kenne te gee met die wetteloosheid in die land,” het Andries le Roux, voorsitter van die Laingsburg-landbouvereniging en een van sowat 15 boere wat in die hof was, ná die verrigtinge gesê.

“Die boere is bitter ontsteld want daar is geen respek vir menselewens of eiendom nie, en gewelddadige misdaad neem toe. Jy en jou goed is nêrens veilig nie.”

Hy skryf die geweld onder meer toe aan dwelmmisbruik. “Dwelms het waarskynlik ook in die sinlose aanranding en moord ʼn rol gespeel.”

Volgens Le Roux het die boere tydens ʼn kwartaallikse vergadering kort ná die moord besluit om die hofverrigtinge by te woon. “Ons het besluit om solidariteit te toon deur hier te wees. Dit is nie net die boere nie, maar ook die ganse gemeenskap in die dorp en Bergsig en die landelike gebied van Laingsburg, Matjiesfontein en die Roggeveld wat keelvol is vir misdaad.

Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, he gesê “Danie van Dyk se moord is sinneloos en ’n bewys dat misdaad in die land totaal handuit geruk het en dat respek vir onskuldige mense nie in die land bestaan nie. Ons is dankbaar teenoor die polisie dat hulle die verdagtes vasgetrek het seker maak dat hulle hul dag in die hof kry.”

Attie Stadler, ʼn lewenslange vriend, het Sondag 5 Julie laatmiddag onraad gemerk toe Van Dyk nie sy telefoon antwoord nie. Hy en sy vrou het hulle na die plaashuis gehaas. “Toe ek roep en hy antwoord nie het ek geweet iets is fout,” het hy gister gesê. “Daar was bloed en stukke draad op die stoep. Die deure was van binne gesluit.”

Omdat daar nie selfoonontvangs op die plaas is nie, het die egpaar teruggejaag dorp toe om die polisie te ontbied. Stadler is saam met die polisie die huis in en het sy ontslape vriend in die kombuis aangetref waar hy op sy guntelingplek op ʼn oliekan met ʼn kussing op tussen die stoof en die wasbak gesit het.

Volgens Stadler was Van Dyk ʼn invalide wat ʼn kluisenaarsbestaan gevoer het. “Hy was weerloos. Hy sou nooit iemand skade aangedoen het nie.”
Stadler sê die huis was omgekeer, asof na die kluis se sleutel gesoek is. Die kluis is uit die muur gebreek en oopforseer. ʼn Ou .22-geweer en ʼn pistool is gebuit. Die verdagtes is die Maandag en Dinsdag ná die voorval aangekeer nadat hulle probeer het om die vuurwapens van die hand te sit. Die .22-geweer is teruggevind, maar die pistool is nog soek.

Die saak is tot 21 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel en sodat die verdagtes aansoek kan doen vir regshulp. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Rynhardt ·

BOERE, ek ondersteun julle 100%! SA is die enigste land ter wereld waar boere afgemaai word! Genoeg is genoeg! Daar is geen respek vir mense-en dierelewens in n wettelose SA nie.Wees op en wakker en bewapen julle!

Hugo Diedericks ·

Vuilgoed! wanneer gaan Boere se lewens saak maak!?

humor ·

Hoop hiedie “keelvol” raak later gatvol en dit gee aanleiding tot die besef dat beveiliging n totale gemeenskapverantwoordelikheid is en dit gaan oor in organisaie en DAAD.

humor ·

Hoop hierdie keelvol bly nie net keelvol nie en dit gaan oor tot die besef dat beveiliging n totale gemeenskapverantwoordelikheid is, en dit gaan oor in n doeltreffende organisasie en DAAD. Ons kan nie maar net sit en wag vir Afri forum en die regering nie.

DAAN LIKEWAAN ·

HOOP NIE DIT KLIN K BELAGLIK NIE , MAAR TOE EK IN DIE POLISIE WAS HET EK AGTER GEKOM DAT MISDADIGERS NOOIT DIE STOOF OF WASMASJIEN STEEL NIE WANT DIS TE SWAAR. HULLE STEEL LIGTE ITEMS WAT MAKLIK IN KONTANT OM GESIT KAN WORD. EEN VAN MY KOLEGAS EN EK HET WANNEER ONS UITGAAN ONS WAPENS IN DIE WASMASJIEN OF STOOF GESIT, WANT ONS WEET AS IEMAND INBREEK SAL HULLE VIR DIE KLUIS GAAN. MAAK DIT SIN ?

Frik Lotz ·

Dis tyd dat ons opstaan en soos een man saamstaan en sê GENOEG IS GENOEG! So kan dit wragtig nie meer aangaan nie.

Koos le Roux ·

Verblydend om Afrikaners in die destydse Kolonie weer te sien saamstaan!

SNEL ·

Dis nie moeilik om saam te staan en saam te stem oor die misdaad nie, die gemors kom in by die woord by die daad voeg en werklik iets doen wat die situasie handomkeer sal verander. Deur te praat en in groepies te kom kloek dat almal hulle hartseer, woede en mense wat hulle ken wat al deur misdaad getref is op die tafel te gooi gaan niks aan die situasie verander nie. Staan op en doen iets, skreeu oorlog as dit moet, maar iets sal gedoen moet word om dinge te laat draai. Op die oomblik praat almal net en verder beveilig ons ons net daagliks meer, so nêrens gebeur daar iets wat dinge kan laat draai nie.

Fanie ·

Dit is tog so jammer dat baie van die slagoffers wel wapens het om hulself te verdedig/beveilig, maar dit nie gebruik nie. Rowers en moordenaars weet, in die meeste gevalle, het boere wapens, en juis daarom word hulle aangeval. Dit is om die wapens te bekom, verkieslik rewolwers en pistole.

volksmoord ·

Soos party hierbo noem dat ons onself moet berveilig en dat dit dit die gemeeskap se verantwoordelikheid is om mekaar veilig te hou. Hoekom moet ons dan belasting betaal?

As ek elke maan nie belasting betaal nie, kan ek die beste veiligheids toestelle bekostig en implementeer by my woning. Ons betaal belasting elke maand,en ons kry in ruil daarvoor, n koeripte regering, n polisie mag vol krimenele, hospitale wat lyk soos vark hokke, paaie vol gate, ens, ens. My magtig man, ons moet iets doen om die land reg te ruk, voor ons almal uitgewis word omdat ons blank is

Seookmanet ·

Volksmoord–Hoe de duiwel dink jy dis moontlik om nie belasting te betaal nie, ek het nou al ‘n paar keer gelees dat mense hier se”Moenie belasting betaal nie” 99% van Suid Afrika se werkersgroep werk vir ‘n Baas, 99.9% van hierdie maatskappye is BEEEEE, en om sy werknemers se belasting terug te hou en nie oor te betaal nie is glad in sy maatskapy se belang nie, want sy besigheid sal net eenvoudig uitgesny word uit die sameloop van dinge, en al sy werknemers sal dan sonder inkomste sit in elk geval. Elke liewe item wat jy in elkgeval koop in RSA het klaar belasting ook by, so as jy wil sekuriteit opskerp by jou woning???? Belasting…As jy jou voertuig vol brandstof gooi om te vlug of te veg???Belasting…as jy wapens koop om jouself te beveilig??? Belasting…. So hoe is dit moontlik om belasting te onduik??? Onmoontlik…..Maak eerder verklarings wat sin maak….As jy my vra..ons het klaar die stryd verloor, die land is klaar in hul kloue….as ons as blanke volk nie gaan tot ‘n besef kom dat ons nou meer as ooit moet plan sien nie, dan weet ek nie….Help ook nie almal skree oorlog nie, want die handjievol wat die “Guts” sal he om dit te doen, sal nie eers ‘n duik maak in die problem nie…Daar sal daadwerklik moet beraadslag word oor hoe die situasie om massa impak genader moet werk, dalk isolasie, Dalk staatsgreep, dalk maar net die land oorgee en pad gee….Ek weet nie????

Seookmanet ·

Volksmoord, hoe op dees aarde dink jy of enige iemand wat se”Hou op belasting betaal” dat dit enigsins moontlik is? 90% van die werker in SA, werk vir ‘n maatskappy wat onder dwang ‘n BEEEE onderneming is, is sal sy eie keel afsny deur nie sy werknemers se belasting oor te betaal nie, en dan sit die werkers in elk geval in kort tyd sonder werk. Alles in SA het belasting klaar by inelkgeval, Brandsatof?? Belasting, Wapens?? Belasting. Voedsel?? Belasting. Nee wat, ons het klaar die stryd verloor, as ons nie daadwerklikke oplossings beraam nie. Opspring en te wil oorlog voer is ook buite die kwessie, want die handjievol wat die “guts” het om dit te doen sal nie eers ‘n dyk in die problem maak nie…..So hoe gemaak??? Isolasie? Volkstaat?Staatsgreep? Vlug?? Ek weet nie…Wie weet?

paul ·

Daan likkewaan jou slim ou ding,,,en as jou vrou die stoof aanskakel ?en die hitte laat die ammunisie ontplof? wie is dan die slimme??
Kan sien jy was n polisieman.

Johannes Meintjes ·

Saampraat, saam kerm en saam wegkruip, ja. Saam organiseer en saamwerk … neewat, daarvoor is die woestynpad van die verval in die Nuwe SA die afgelope 21 jaar nog skynbaar ‘n heeltemal onvoldoende leerskool. Ons sal die vrugte van ons apatie en gebrek aan rentmeesterskap toenemend pluk, tensy …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.