‘Onteieningswetsontwerp ongrondwetlik en ekonomies skadelik’

Piet le Roux. Foto: Reint Dykema

Piet le Roux. Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit sal Dinsdag sy besware teen die omstrede onteieningwetsontwerp in ʼn voorlegging aan die portefeuljekomitee op openbare werke voorlê.

Die vakbond is van mening dat dié omstrede wetsontwerp, wat president Jacob Zuma glo nog vanjaar wil aanvaar, verreikende gevolge vir eiendomsreg in Suid-Afrika sal inhou.

Volgens Piet le Roux, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, is die genoemde wetgewing ongrondwetlik en ekonomies skadelik. “Die wetsontwerp hou ʼn groot gevaar vir die ekonomie en vir die regsorde in. Eienaars van enige eiendom, nie net grond nie, sal dit uiters moeilik vind om markwaarde vir hul onteiende eiendom te ontvang. Sou hulle met die vergoeding of die proses ontevrede wees, sal hulle ʼn opdraande stryd moet voer in ʼn regsproses wat teen hulle gelaai is. Die wetsontwerp maak die deur vir arbitrêre magsuitoefening en magsmisbruik wawyd oop,” verduidelik Le Roux.

Solidariteit is verder van mening dat die Instituut vir Rasseverhoudinge se voorgestelde alternatief op die wetsontwerp tans die beste voorstel op die tafel is aangesien dit die grondwetlike tekortkominge van die voorgestelde wetsontwerp grootliks aanspreek.

Klik hier vir Solidariteit se volledige kommentaar op die wetsontwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Winston ·

Wanneer gaan ons, ons ontevredenheid met hierdie tipe wetgewing te kenne gee en n slag vir die regering begin knor en tande wys. Dankie vir een en almal wat bo baklei. Ons moet ons steun begin ten toon stel. Ons is nog nie totaal ontwapen nie en daardeur bedoel ek dat ons nog wigte het om in te druk. Al skaad ons die ekonomie verder, daar is in elk geval net chaos op pad. Ons kan voor begin en weer opbou en nie afbreek soos tans die geval is nie.

Herman ·

Dit is so. Ons moet begin knor en tande wys. Almal voel so. Maar ongelukkig moet ons almal deur die week ons pkegaai werk om kop bo water te hou. My hart bloei vir SA. Ek sit en werk in Angola met my familie aleen by die huis want dis net te moeilik om n goeie werk in SA te kry met RA. Ek bors raak elke dag warm en ek wens ek kon iets doen.

Johann Marx ·

Hulle kan myne maar onteien. Weet nie wat gaan hulle regkry op ‘n afgebrande stuk aarde deurdrenk met sout nie? Maar dit sal hulle maar self uitvind….want om vooraf daaroor te redeneer is net ‘n mors van tyd en asem. Wie nie hoor nie, moet voel.

Fanie ·

Hoeveel regeringsgrond le net nie onbenut nie. Hoekom deel hulle nie daardie grond uit. Dit gaan in elk geval net benut word om te plak en te besoedel.

Des jelliman ·

Vandat hulle in bewind gekom is ons al in tru rat en dit word net erger hulle kan ni eers hulle eie grond ontwikkel in di trust gebiede wat nog van ons land

Jan maak n Plan ·

Hallo – “Suid Zimbabwe?” Die koministe gaan hierdie land vat sonder om ‘n skoot te skiet.

Henry ·

hmmm
Dat die voorgestelde wet verrykend vir die fat cats van die regime is, ly geen twyfel nie.
Dat dit verreikende gevolge vir huidige grondbesitters inhou, ly eweneens geen twyfel nie.

Leeutjie ·

Ons almal op die forum weet dit al laaaankal!!! Kom hulle dit nou eers agter?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.