Onwettige plakkers bestook polisie met petrolbomme

Argieffoto

Argieffoto

Lede van die Tshwane-metropolisie is Maandag met klippe en petrolbomme bestook toe hulle probeer het om plakkers in Pretoria se onwettige strukture af te breek.

Hoofsupt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê metropolisielede het op ʼn gebied in Soshanguve se uitbreiding nege toegesak waar plakkers munisipale grond onwettig beset het en begin om die strukture af te breek. Dit volg nadat die grondbesetters ʼn vorige kennisgewing om die gebied te ontruim, geïgnoreer het.

Volgens Mahamba was die polisie verlede week ook daar om die plakkers te verwyder, maar moes hulle weens veiligheidsredes die handdoek ingooi en onttrek toe die grondbesetters begin terug baklei. “Vandag was daar meer mannekrag vit die operasie. Die mense op die grond het steeds terugbaklei en het petrolbomme en klippe na die polisie toe gegooi,” het hy gesê.

“Ongeveer 2 500 strukture is verwyder en vier mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld en die besit van petrolbomme.”

Hy het gesê die Tshwane-munisipaliteit sal nie onwettige grondbesetters duld nie en sal volhou om teen die oortreders op te tree. “Die Tshwane-metropolisie gaan tans voort om die situasie in die gebied te monitor,” het hy gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GES ·

Die “verontregtes” raak nou lelik. Dit is maar net weer ‘n bewys van dat sekere mense hulle aan geen wet en orde steur nie. Dit is hoogtyd dat iemand hulle maniere en disipline leer.

Arie plaasboer ·

Petrol bomme is potensieel dodelike wapens en moet met gelykwaardige geweld beantwoord word.

Onbeteulde geweld van hierdie soort en om hierdie redes kan /mag nie verdra word nie

Fanie ·

Heerlikheid, ‘n plakkerskamp is nie veronderstel om wettig te wees nie. Dit moes nooit eers oornag opgespring het nie. Dit lyk of hulle uit die die grond uit uitbroei.

Eddie ·

Hulle word uitgegooi omdat hulle munisipale grond beset maar ek wonder of die polisie nog sal gelp as dit n boer se grond was. Daar was eentyd n lssue gewees met besetters in Hermanus ook as ek reg onthou, ken nie meer al die feite nie.

Bruno Stef ·

Ek kan nie verstaan dat n klomp Spietkops nou skielik begin optree om sulke sake te hanteer nie wat het van die SAP onluste eenhede geword bestaan hulle nie meer nie.

pop ·

Alles verniet, dis wat hulle wil he. Verniet grond, huise, karre en geld. En hulle vat dit net. Ons wat hard werk vir ons goed moet kyk hoe word dit net geneem, verniet, mahala, en soms ook n lewe .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.