Oscar steeds nie vrygelaat nie

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Oscar Pistorius sal nog ʼn ruk agter tralies moet bly nadat die besluit om hom op korrektiewe toesig vry te laat weer eens vertraag is.

Die besluit wanneer die Paralimpiese atleet op korrektiewe toesig vrygelaat sal word, sou Maandag bekend gemaak word, maar dit is weer na die paroolhersieningsraad terugverwys.

Pistorius se broer, Carl, het op sosiale media uitgevaar en getwiet, “Die paroolhersieningsraad verwys die besluit terug na die paroolraad! Wat beteken dit ooit!?”

Pistorius sou na verwagting al op 21 Augustus op korrektiewe toesig vrygelaat word, maar Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het op kort kennisgewing die besluit gekeer en terugverwys na die paroolhersieningsraad. Masutha het gesê volgens die Strafproseswet kan ʼn oortreder vir korrektiewe toesig in aanmerking kom nadat hy of sy ʼn sesde van die vonnis uitgedien het. Die besluit om Pistorius onder korrektiewe toesig vry te laat, is reeds op 5 Junie geneem en was volgens die minister dus voortydig.

Dit is nog nie duidelik wanneer die paroolraad oor Pistorius se vrylating sal besluit nie.

Intussen sal die staat se appèl teen Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag op 3 November in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word. Die staat wil hê Pistorius moet op die ernstiger aanklag van moord skuldig bevind word nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, in die vroeë oggendure van Valentynsdag 2013 doodgeskiet het.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Peet Schabort ·

Partymaal word die familie van die slagoffer ook gevra en in ander gevalle nie. Ek is skoon deurmekaar of heeltemal verkeerd.

Justa ·

Hierdie hele ding het in n absolute klug ontaard. Masutha het onder politieke druk van een of ander onbekende vroue organisasie geswig. Ek glo nie hy meng in ander gevangenes se parool voorwaardes in nie. Oscar was geregtig daarop om in Augustus vrygelaat te word, volgens wet, al was dit Vrouemaand. Is ander gevangenes hulle vrylating geweier, ek glo nie en Minister die besluit moet tog n maand of so voor die datum van parool geneem word en nie n maand of jaar daarna nie.

Vaalpiet ·

As jy wit is en ‘n hoe profiel het sal gunsies nie automaties kom nie

Poplap ·

Stem saam Philip!
Dit was in ieder geval moord en hopelik sal die Apelhof die saak regstel.

Cum Laude ·

Maar hy was mos Kasler se sokker pêl? Wil ok nie nou die span opbreek nie. Terug na die tekenbord soos hulle sê na die lost Game.

Tilla ·

Ai arme man. Elke keer word daar n stukkie hoop gegee en keer op keer word hy teleurgestel. Sooooo unfair.

rika kotze ·

Julle mense wat so maklik veroordeel, wat sou julle doen as dit julle seun was wat in posisie was – pasop maar! !!

Katriena ·

Ag so ‘n ou lame argumentjie ek vermoed dit word elke keer voorgegooi as daar geen ander meer realistiese verweer is nie. Komaan Oscar clan sekerlik kon jille nou al met beter goed tevoorskyn gekom het

Arie plaasboer ·

As jy `n pasifis is moenie jou sentimente oordra op iemand wat geweldadige persoonlikheid het nie. hy is dit nie werd nie.
BTW parool is `n VOORREG en nie `n REG nie. Oscar is tot 5 jaar tronkstraf gevonnis.
Enige verandering aan hierdie voorwaarde is uit die goedheid van die hart van die wetgewer. Niemand is GEREGTIG op parool nie. dink byvoorbeeld aan Clive Derby Leweis wat al jare gelede “geregtig ” was op parool onder andere om MEDIESE redes. (hy is volgens berigte besig om te sterf aan kanker). SY parool word keer op keer op keer op keer afgekeur.
Oscar het oortre en hy moet sy straf dra soos wat alle ander oortreders hulle straf moet dra. Hou tog op om sentimenteel te wees oor hom net omdat hy `n “seleb” is.

Nicowest ·

Laat hom sit en nog tronkkos eet of ek bedoel Woolworths take aways eet.. Hopelik sal die Apelhof meer insig hê en die moordenaar laat boet.

Arie Plaasboer ·

Waarom mag ek nie kommentaar lewer op Oscar se paroolvoorwaardes waaroor mense sentimenteel is , waarskynlik omdat Ocar `n “seleb” is en niemand is besorg oor Clive Derby Lewis vir wie parool om ERNSTIGE MEDIESE rede keer op keer op keer afgekeur word.

Johann Marx ·

Daar is ‘n universele paradoks wat lui: Jy is altyd vry om te kies, maar jy is nooit vry van die gevolge van jou keuses nie….

Moeksie ·

Nee wat jong – laat hy maar sit – hoe langer hoe beter… ek hoop hy sit nog 15 jaar. Stem 100% saam met Arie plaasboer. Aan Rika Kotze – as dit my seun was moes hy soos enige ander person wat moord gepleeg het ook maar sy straf uitdien. Ek voel vir Reeva se ouers…..

SonneBlom ·

Ouens vergelyk Oscar met “ander” moordenaars. Blankes word gemoor, 2 onskuldige weerlose oumense en wat word hulle moordenaars gevonnis ? Minimaal, want die velkleur is reg. Hoekom moet blankes anders gestraf word ? Hoekom is julle so hard op Oscar, maar op die “ander lot” se vonnisse is daar nie soveel kommentaar nie ?

Ferdi ·

Die meeste blankes word egter steeds deur blankes vermoor, al is ons perpsepsie anders. Nie alle moorde “geniet” mediadekking nie. Ek verstaan egter jou standpunt baie goed.

Martin ·

SonneBlom, hulle was nie wereld kampioene met miljoene in die bank en arrogant nie.
Kortom, hy was ‘n mens na wie ander opgekyk het, en besluit het om te doen wat hy gedoen het. Wie wil hom jammer kry. Nederigheid gaan die eer vooraf. Sit maar rustig.

Jessica ·

Let him go, he need’s his freedom, after all he is only human, don’t give up Oscar soon you will be home. God bless you and be with you.

Katriena ·

Jessica please do be so kind and indicate if you share the same sentiments for all criminals or only for little Oscartjie?
He needs his freedom? Yes sure and her parents needed their daughter. She needes her life. Ask if he deserves to be freed do not just say he Needs his freedom.

Eish! ·

Die wat reken hy moet uitkom, net die volgende: Wat van as dit jou man/vrou/ma/kind/pa/broer/suster was wat iemand sonder rede geskiet het. Sou jul dan nog voel hy verdien sy Vryheid? Laat hy sit, want glo my dit is in hom om baas te probeer speel oor ander en dan te skiet as hy nie sy sin kry nie. Kleinek sindroom.

Muis ·

Ek het ook n familie lid wat 17 jaar tronkstraf moet uit dien, vrou doodgemaak in n oomblik wat hy nie helder gedink het nie, hy mag nie aansoek doen om parool voordat hy ten minste 8 en half jaar uit gedien het nie, dit is nie maklik vir die wat buite is en wag nie, maar hy het verkeerd gedoen en moet sy straf vat, al is dit hoe moeilik, nie 1 van ons is te goed dat so iets nie met ons kan gebeur nie, en glo my hy word baie gereeld deur sy familie besoek en dit is nooit vir hulle maklik om hom so te sien nie want daar binne is dit nie n mooi prentjie nie, ek stem saam as jy verkeerd opgetree het en n lewe neem moet jy die straf daarmee saam kan hanteer en dit uitdien celeb of nie!!!!

Van ·

Enige straf wat groter is as wat hy aan Reeva toegedien het sal onregverdig wees… enige ander straf is hy nog steeds ligter van dit af as sy want hy LEEF, sy was nie die genade gespaar nie.

susan ·

Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom hou mense so tekere gaan oor Oscar?? Hy is nie die eerste een wat iemand per ongeluk dood gemaak het nie en hy gaan beslis ook nie die laaste een wees nie? Is dit omdat hy ‘n beroemde atleet was en dalk baie geld het??

Nico ·

Niks was per ongeluk nie. Dit was alles oor hy nie sy sin kan kry nie.

Yvonne Bornman ·

Maak nie saak hoe ons kyk na die saak, iemand het sy lewe verloor. Die hele wereld en ook Suid-Afrikaners sal sien hoe efektief ons wet stelsel is. As jy moord pleeg kan jy los kom? Wat jy saai, maai jy mos? Sou dink dis darem arogant om nou al aanspraak te mk op parool? Juis as hoe profiel, ook as voorbeeld vir ander kan dit mos n wanorde skep en ander moordenaars ook die reg gee om vrygelaat of op parool uit te gaan? Almal skree bring die doodstraf terug, sou dit vir alle misdadigers wees, van enige rasse kleur? Wat vir Oscar goed is, is vir enige ander misdadiger ook, soos voorregte, spesiale kos, parool ensv?

Ferdi ·

‘n Mens kan net wonder wat meeste Pro-Oscar kommentators se standpunt sou wees as Oscar ‘n ander kleur was.

anne ·

Regtig Ferdi, ek dink ons het nou al genoeg van die ras kaart gehad

Lynette ·

Waarom het die Indier wat sy vrou op hul “honeymoon” laat vermoor het, dan losgekom? Daar was oorgenoeg bewyse maar hy loop vry rond. Oscar het Reeva per ongeluk dood geskiet maar hy moet boet! Ek skaam my vir die wrede mense wat my mede Afrikaner genoem word. Onthou net, op die wyse waarop jy ander veroordeel, gaan jy ook eendag veroordeel word.

Lulu ·

Een ding is seker.. Nie een van ons is 100% seker van wat daardie aand gebeur het nie. Ek het die hofsaak met baie deeglikheid gevolg en het self ‘n regsgraad alhoewel ek nie in die beroep is nie. My opinie en bespiegelinge oor wat gebeur het, maak geen saak nie. Al wat ek weet is, watookal met Oscar gebeur, huisarres, tronkstraf, maak nie saak wat nie. Hy sal vir die res van sy lewe boet vir wat daardie aand gebeur het. Sy loopbaan, sy reputasie, als is daarmee heen. So dis dalk beter om nie verder klippe te gooi nie, dit gaan in elk geval niks aan die saak verander nie. Laat die wet (hoe deurmekaar en vol foute ookal in SA) maar sy gang gaan. Oscar gaan boet, hoe dit ookal sy.

pop ·

Ek glo nie die owerhede weet van Jack Schitt nie. Nou dis hoe dit vir my voorkom, nou speel hulle dan die kant toe dan daai kant toe.

Man ·

almal van julle wat so oordeel en klippe gooi dink n bietjie het julle geen foute het jul nog nooit iets verkeerd gedoen nie ek daag julle uit as jy nog nooit iets verkeerd gedoen het nie as jy volmaak is gooi daai 1ste klip los die man hy het berou hy is gestraf. Nie soos party van julle wat weg hardloop vir wat jul gedoen het ni. Hy het aanvaar en is gestraf gaan vra vir God vergifnis vir wat jy doen, onthou WIE OORDEEL IS REEDS GEOORDEEL

Poplap ·

Watse onsinnige kommentaar!
Wat het dit met die feit te make dat een mens ‘n ander mens se reg op lewe op so ‘n aaklige wyse beëindig het.
Hy moet sy straf uitdien.
Al is die straf so belaglik min en niksseggend vir dit wat hy aan ‘n pragtige meisie en haar mense gedoen het.

REGVERDIG ·

En wat sou jy gedoen het, Rika Kotze, as dit jou dogter was wat hy vermoor het????
Vra maar net………………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.